Kategorie  |  Uncategorized

Geestelike “Supersterre”

Vandag is daar “supersterre” in oorvloed. Dink maar aan beroemde sokker - en rugbyspelers. Bewonderaars gaan hulleself te buite in die stadions. Populêre musikante het die gehoor aan hulle voete, om nie eers van Hollywoodsterre te praat nie. Hulle moet wagte huur om hulle teen bewonderaars te beskerm. Die eerste Christene in Korinte het ook die probleem gehad. Hulle het…

Die Laaste Jellieboontjie

Een middag het Angela aan haar jong dogtertjie vier jellieboontjies gegee en haar goed laat verstaan dat dit al is wat sy sal kry – nie een meer nie! Nadat sy die eerste drie jellieboontjies sommer vinnig en gulsig verorber het, het Elina die laaste een so versigtig hanteer. Sy het dit eers ’n rukkie gesuig, dit toe uit haar…

Die Aangehegte Brandstofpyp

Felipe Massa van Brasilië moes die Formule Een Grand Prix wat in 2008 in Singapore gehou is, gewen het. Maar toe hy brandstof ingeneem het, het hy weggejaag voordat die brandstofpyp verwyder is. Teen die tyd dat sy span die pyp verwyder het, het hy soveel tyd verloor dat hy 13de geëindig het. Paulus het vir Timoteus gewaarsku teen iets…

Tyd Vir ’n Roetieneondersoek

Ek ondergaan elke jaar ’n fisiese ondersoek – daardie besoek aan die dokter wanneer hy voel en druk, plate neem en my noukeurig bestudeer. Dis iets wat gewoonlik spanning veroorsaak en selfs gevrees word. Ons is nie seker wat die dokter se ondersoeke sal oplewer nie. Nogtans weet ons dat hierdie ondersoek nodig is vir ons fisiese welsyn, en sodat…

Bekend Vir Deernis

Gedurende Generaal Majoor Mark Graham se termyn van twee jaar as kommandeur van Fort Carlson in Kolorado, het hy bekend geword as iemand wat ander mense met deernis hanteer. Een van sy kollegas in die Amerikaanse weermag, het gesê: “Ek het nog nooit ’n ander offisier ontmoet wat soveel deernis met sy soldate en hulle families getoon het nie.” Nadat…

Opstanding En Lewe

Jesus het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe!” Dis maklik om so iets te sê, maar dis iets heel anders om dit te bewys – en Jesus het dit bewys deur uit die dood op te staan. George McDonald skryf die volgende: “As jy glo dat die Seun van God gesterf en uit die dood opgestaan het, is…

geskikte toerusting

Toe ek as kind Amerikaanse voetbal gespeel het, was dit vir my baie moeilik om gewoond te raak aan alles wat ek moes aantrek en al die toerusting wat nodig was. Om met ’n helm en skouerskutte te hardloop en nog allerhande ander beskermende toerusting te dra, het vir my aanvanklik baie ongemaklik en onnodig gevoel. Maar later word dit…

Weerhou my van Woede

Ek het ’n vriend wie se visitekaart ’n prentjie van Rodin se bekende standbeeld, The Thinker, op het. Hierdie beroemde standbeeld beeld iemand wat in diepe nadenke verkeer, uit. Onderaan die standbeeld is die inskripsie: “Die lewe is nie regverdig nie.” Ja, dit is beslis nie. Enige teorie wat beweer dat hierdie lewe regverdig is, is ’n illusie en bedrieglik.…

Word ’n dader, iemand wat doen

“Sal jy vir my suster bid?” Die ruwe werker het ongemaklik gelyk en ek het hom ondersoekend aangekyk. Maande tevore, in die drukkende Augustus weer, was die situasie by die werk baie moeilik. Die atmosfeer was gespanne en die bestuurders het steeds hoër eise aan ons, as werkers, gestel. Die vakbonde het beswaar gemaak en die leiers het ons gemaan…

god se antwoorde

Daniël het sy hart voor die Here uitgestort (Daniël 9:2). Hy het in Jeremia gelees dat God belowe het dat die ballingskap in Babel vir 70 jaar sou duur. In ’n poging om die volk voor die Here te verteenwoordig, het Daniël gevas en gebid. Hy het by die Here gepleit om nie die verlossing van sy mense langer uit…