Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Bill Crowder

Keuses en gevolge

Die Internasionale Slawerny Museum in Liverpool, Engeland, herinner ons aan die verskriklike dinge wat deur die eeue aan slawe, manne, vroue en kinders, gedoen is. Die prys wat onskuldige mense vir die inhaligheid van ander betaal, is verskriklik, maar dis nie net die slawe wat skade ly nie – ook diegene wat dit toepas betaal ’n dure prys. ’n Opmerking…

’n toenemende strydlustigheid

Toe ek onlangs ’n vlug onderneem het, het een van die vlugpersoneel my gevra of ek dikwels vlugte onderneem. Toe ek bevestigend geantwoord het, het hy gevra of ek ook agtergekom het dat passasiers die afgelope maande meer strydlustig en aggressief geword het. Ek het saamgestem en ons het begin bespiegel oor wat die moontlike oorsake kan wees – miskien…

Om tweetalig te word

Is dit moontlik in ’n samelewing waar die mense meer en meer onverskillig teenoor die evangelie word, om ons geloof met ongelowiges te deel? Een manier om met mense wat onbekend is met die evangelie, te kommunikeer, is om geestelik tweetalig te word. Ons doen dit deur die evangelie op so ’n wyse en op so ’n manier te verkondig…

ware sekuriteit

Gedurende die Koue Oorlog, tydens die laaste helfte van die 20ste eeu, toe daar onrus tussen die belangrikste wêreldmagte geheers het, het Amerika voortdurend onder die dreigement van ’n kernoorlog geleef. Ek onthou dat ons gedurende 1962, toe die Kubaanse missielkrisis gedreig het, werklik gevoel het dat ons slegs ’n oomblik van totale vernietiging verwyder is. Een van my vreemdste…

magtige waters

Toe ek in Brasilië was, het ek die Iguazu watervalle, die grootste in die wêreld, besoek. Die massiewe valle is voorwaar asemrowend, maar wat my die meeste van die valle beïndruk het, was die klank, die overdowende geruis van die massas water. Dit het byna vir my gevoel asof ek in die geruis opgeneem is en deel daarvan geword het.…

Om in die toekoms te belê

Jason Bohn was nog ’n student by ’n kollege toe hy eendag ’n kolhou in gholf geslaan en een miljoen dollar gewen het. Terwyl ander die geld miskien roekeloos sou vermors, het Bohn ’n plan gehad. Hy wou die geld gebruik om beter opleiding te ontvang, sodat hy sy gholf kon verbeter – ’n belegging vir sy toekoms. Die belegging…

’n skuldlas van dankbaarheid

Dave Randlett is iemand wat ’n groot invloed op my uitgeoefen het, soveel so dat my lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Dave is in Oktober 2010 oorlede, maar hy was vir jare my mentor, veral gedurende my studentejare toe ek ’n nuwe bekeerling was. Hy het tyd bestee om my te help en ook vir my geleenthede gebied…

Die koste van gevegte

Gedurende ’n dokumentêre film wat oor die eerste Wêreldoorlog gemaak is, het die spreker gesê dat indien die Britse gesneuweldes wat in die “oorlog om alle oorloë te beëindig” gesterf het, in groepe van vier voor die Londense Oorlogsmuseum sou verbymarsjeer, sou dit 7 dae neem vir almal om verby te stap. Hierdie verbysterende waarheid het my opnuut aan die…

Kontroleer toonhoogte

Terwyl ek huis toe bestuur het, het ek ’n advertensie oor die radio gehoor, wat my getref het. Dit was vir ’n rekenaarprogram wat e-posse nagaan terwyl hulle geskryf word. Ek was bekend met “kontroleer taal” en “kontroleer spelling” maar hierdie een was anders. Hierdie was ’n toets van die toonhoogte. Die sagteware monitor die toonhoogte en woorde van e-posse…

ernstige besigheid

Onlangs is ek opgeroep om op ’n jurie te dien. Dis baie ongerieflik en veeleisend en vereis baie tyd, maar aan die ander kant is dit ’n ernstige saak. Op die eerste dag het die regter ons goed ingelig oor die verantwoordelikheid en die belangrikheid van die opdrag. Ons gaan ’n oordeel oor ander mense moet uitspreek, mense wat in…