Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Julie Ackerman Link

asemrowend

Daar is ’n bekende slagspreuk wat sê: “Die lewe word nie gemeet aan die aantal asemteue wat ons neem nie, maar aan die oomblikke wat ons ons asem ontneem.” Ek sien nogal dikwels hierdie woorde op T-hemde en kunswerke. Dis ’n frase wat inslag vind, maar ek dink dis nogal misleidend. Indien ons die lewe meet aan die asemrowende oomblikke,…

Vrede

Gedurende Adam en Eva se verblyf in die Paradys, het vrede op aarde verlore geraak. Die oomblik toe hulle die verbode vrug geëet het, het hulle hul naaktheid besef en dadelik begin om mekaar te beskuldig (Genesis 3:12-13). So het konflik God se vreedsame planeet binnegekom. Ongelukkig het al hulle afstammelinge en ook ons, hulle voorbeeld gevolg. Ons blameer mekaar…

Die singende Bak

Michael Flynn, kunstenaar en wetenskaplike, het ’n singende bak ontwerp wat hy by die ArtPrize internasionale kunskompetise in Grand Rapids, Michigan wou tentoonstel. Die bak vereis geen elektrisiteit om te funksioneer nie, maar wel iets wat nie altyd beskikbaar is nie: samewerking. Ek het toegekyk hoe mense probeer het om die bak te laat sing, en ek was verbaas dat…

wagtend ...

Herfs is die jagseisoen hier in Michigan. Vir ’n paar weke word gelisensiëerde jagters toegelaat om in die woude die verskillende dieresoorte te jag. Sommige jagters bou selfs hoë houtstellasies waarop hulle kan sit en vir ure wag totdat ’n bokkie tevoorskyn kom en binne trefafstand is. Wanneer ek dink aan daardie jagters wat vir ure so geduldig kan sit…

Verdiende Loon

Vir byna ’n jaar het ’n vorige kollega in vrees gelewe dat hy sy betrekking sou verloor. ’n Nuwe bestuurder het allerhande negatiewe kommentare in sy persoonlike leër aangeteken. En toe, op ’n dag toe my vriend verwag het dat hy afgedank sou word, het die nuwe bestuurder sy pos verloor en is hy afgedank. Toe die Israeliete as gevangenes…

Die wyse waarop ons wandel

’n Televisieprogram waarna ek graag kyk, het ’n gedeelte wat Ambush Makeover genoem word. Twee vroue word uitgekies om vir 3 ure gepamperlang te word, hare word gedoen, grimering versorg en nuwe uitrustings verskaf. Die verandering is soms dramaties. Wanneer die vroue van agter die gordyn tevoorskyn kom, hyg die toeskouers letterlik na hulle asem. Vriende en familie begin soms…

Om na die top te streef

“Gebrek aan ambisie.” Dis nie woorde wat jy graag op ’n verslag van jou werksvermoë wil sien nie. Wanneer dit by werk en ’n betrekking kom, sal werknemers wat ’n gebrek aan ambisie toon, selde enige vooruitgang maak. Sonder ’n ernstige verlange om iets in die lewe te bereik, sal niks ooit tot stand kom nie. Maar ambisie kan ook…

Op soek na stilte

“My volgende plaat moet vyf-enveertig minute stilte wees,” het die sanger Meg Hutchinson gesê, “want dit is wat ons die meeste in die samelewing mis.” Dis inderdaad baie moeilik om stilte te vind. Stede is verskriklik lawaaierig vanweë die druk verkeer en baie mense wat oral rondstap. Dit voel asof daar net geen wegkomkans is van al die luidrugtige musiek,…

Van kwaad tot erger

Dit het sowaar weer gebeur! Ek het die begeerte gekry om my kantoor skoon te maak en voordat ek my kon kry, het ek ’n groter gemors gemaak en was die kantoor meer deurmekaar as voorheen. Orals het stapels papiere, tydskrifte en boeke gelê. Die gemors het al erger geword en ek was moedeloos en omgekrap omdat ek die skoonmakery…

Onnadenkende gebed

Somtyds is ek skaam oor my gebede. Ek gebruik allerhande bekende woorde wat eintlik nie regtig betekenis het nie. Ek dink nie wat ek bid nie en daar is nie wedersydse interaksie nie. Een frase wat dikwels voorkom is, “Here, wees by my,” en God het immers reeds belowe dat Hy altyd by my sal wees en my nie sal…