Afrikaans ODB https://afrikaans-odb.org Just another Our Daily Bread Ministries site Thu, 10 Feb 2022 21:17:57 +0000 af hourly 1 https://wordpress.org/?v=5.3.2 128736387 Ons Sal Nie Breek Nie https://afrikaans-odb.org/2022/02/10/ons-sal-nie-breek-nie-2/ Thu, 10 Feb 2022 21:17:57 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=278382 As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, […]]]>

As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, wat buig onder die swaar vrag ys.

Hoe lank kan daardie gebuigde takke uithou voor hulle breek onder hul ysige las? Die gewig wat dreig om die boom te breek het my laat dink aan my skouers, geboë onder die gewig van sorge.

Jesus bevestig dat die grootste skatte nie aards of tydelik is nie, en Hy moedig ons aan om ons angstige gedagtes te los. Die Skepper en Onderhouer van die heelal het Sy kinders lief en voorsien aan hulle, sodat kosbare tyd nie gemors word aan bekommernis nie. God ken ons behoeftes en sorg vir ons (Matteus 6:19-32).

Hy weet dat ons sal toegee aan bekommernis. Hy sê ons aan om na Hom te kom, Sy teenwoordigheid en huidige voorsiening te vertrou en een dag op ’n slag in geloof te leef. (vv. 33-34).

In hierdie lewe sal oorweldigende moeilikhede en onsekerhede ons skouers laat hang. Ons kan selfs tydelik onder die gewig van die bekommernisse swik. Maar as ons God vertrou, sal ons nie breek nie.

]]>
278382
oordenkings https://afrikaans-odb.org/2020/12/31/oordenkings/ Wed, 30 Dec 2020 22:00:37 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280263 ’n Tydjie gelede het ek ’n besondere mylpaal bereik. Dit was 20 jaar sedert ek begin het om ’n geestelike joernaal saam te stel. Toe ek my eerste inskrywings herlees het, was ek verbaas dat ek dit vir soveel jare volgehou het. Maar nou sou niks my daartoe bring om dit te staak nie. Hier […]]]>

’n Tydjie gelede het ek ’n besondere mylpaal bereik. Dit was 20 jaar sedert ek begin het om ’n geestelike joernaal saam te stel. Toe ek my eerste inskrywings herlees het, was ek verbaas dat ek dit vir soveel jare volgehou het. Maar nou sou niks my daartoe bring om dit te staak nie. Hier volg ’n paar voordele wat ek ontvang het deur ’n joernaal te hou: Vanuit die ondervindinge wat ek opgedoen het, sien ek dat vooruitgang sowel as mislukking deel is van die geestelike reis. Ek word herinner aan God se genade en hoe Hy my gehelp het om probleme op te los. Ek kan iets uit my destydse worsteling leer, iets wat my vandag tot hulp kan wees. En belangrikste van alles is dat deur ’n joernaal te hou, kan ek sien hoe getrou die Here in my lewe werksaam was. Baie van die psalms is byna soos ’n geestelike reis. Hulle vertel hoe God in moeilike situasies gehelp het. In Psalm 40 skryf Dawid: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop” (vs.2,3). Later moes Dawid net die psalm lees om aan God se getrouheid herinner te word. Om ’n joernaal te hou mag vir jou ook belangrik wees. Dit kan jou help om te sien wat God jou wil leer, en jou herinner aan sy getrouheid.

]]>
280263
Om jou deel te doen https://afrikaans-odb.org/2020/12/30/om-jou-deel-te-doen/ Tue, 29 Dec 2020 22:00:32 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280261 Vir die afgelope paar jaar was my dogter, Rosie, in beheer van die dramaproduksies in die plaaslike hoërskool. Skoliere het gekom vir oudisies en ’n paar word dan vir die hoofrolle gekies. Maar daar is nog baie ander minderbelangrike rolle wat vertolk moet word – rolle wat noodsaaklik is vir die produksie. Dan is daar […]]]>

Vir die afgelope paar jaar was my dogter, Rosie, in beheer van die dramaproduksies in die plaaslike hoërskool. Skoliere het gekom vir oudisies en ’n paar word dan vir die hoofrolle gekies. Maar daar is nog baie ander minderbelangrike rolle wat vertolk moet word – rolle wat noodsaaklik is vir die produksie. Dan is daar ander jongmense wat ook deel van die opvoering wil wees, en ’n bydrae wil lewer, alhoewel hulle nie ’n rol vertolk nie. Hulle moet die dekor hanteer, gordyne oop en toe maak, die ligte kontroleer en behulpsaam wees met die grimering en kostuums. Ouers uit die gemeenskap verskaf pizzas en koekies vir die repetisies, skenk goedere wat benodig word, help met die maak van kostuums en advertensiebiljette en deel programme by die deure uit. Die sukses van so ’n opvoering is die hoogtepunt van vier tot vyf maande se intense inspanning en samewerking waarby ’n groot klomp toegewyde vrywilligers betrokke is. Op soortgelyke wyse funksioneer die liggaam van Christus. Elke indiwidu moet sy of haar rol vertolk. Elkeen het spesifieke gawes en talente en moet dit gebruik en met ander saamwerk en “elkeen van hulle … [moet] sy funksie [vervul]” (Efes. 4:16). Al die verskillende indiwidue moet saamwerk en vorm so een liggaam (Rom. 12:5). Ons het mekaar nodig. Watter rol vertolk jy in jou gemeente? –

]]>
280261
nogtans sal ek juig https://afrikaans-odb.org/2020/12/29/nogtans-sal-ek-juig/ Mon, 28 Dec 2020 22:00:58 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280259 Die lewe in hierdie ou wêreld kan soms baie moeilik wees. By geleentheid het almal van ons al gewonder, waar is die Here in my probleme? En moontlik het ons selfs gedink: Dit lyk asof ongeregtigheid seëvier, maar nogtans swyg God. Tog het ons ’n keuse hoe ons ten opsigte van ons probleme wil reageer. […]]]>

Die lewe in hierdie ou wêreld kan soms baie moeilik wees. By geleentheid het almal van ons al gewonder, waar is die Here in my probleme? En moontlik het ons selfs gedink: Dit lyk asof ongeregtigheid seëvier, maar nogtans swyg God. Tog het ons ’n keuse hoe ons ten opsigte van ons probleme wil reageer. Die profeet Habakuk is vir ons ’n goeie voorbeeld. Hy het gekies om hom in die Here te verbly. Habakuk het Israel se geestelike en morele agteruitgang aanskou en dit het hom diep bekommer. Maar God se reaksie op hierdie probleme het hom nog meer ontstel. God het besluit om die Babiloniërs te gebruik om sy volk te straf. Habakuk kon God se optrede nie verstaan nie. maar hy kon juig omdat hy geleer het om op God se wysheid, geregtigheid en soewereiniteit te reken. Hy sluit sy boekie af met die wonderlike woorde: “Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder” (Hab. 3:18). Alhoewel dit nie vir hom duidelik was hoe Israel die probleme sou oorkom nie, het hy geleer om God te vertrou te midde van ongeregtighede, lyding en verlies. Hy sou deur geloof alleen volhard. Met hierdie tiepe geloof, het vreugde en vrede gekom en kon hy op God vertrou ten spyte van die negatiewe omstandighede. Ook ons kan juig te midde van ons beproewinge en op God vertrou in die wete dat Hy soewerein is en alles beheer.

]]>
280259
Keuses en gevolge https://afrikaans-odb.org/2020/12/28/keuses-en-gevolge/ Sun, 27 Dec 2020 22:00:38 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280254 Die Internasionale Slawerny Museum in Liverpool, Engeland, herinner ons aan die verskriklike dinge wat deur die eeue aan slawe, manne, vroue en kinders, gedoen is. Die prys wat onskuldige mense vir die inhaligheid van ander betaal, is verskriklik, maar dis nie net die slawe wat skade ly nie – ook diegene wat dit toepas betaal […]]]>

Die Internasionale Slawerny Museum in Liverpool, Engeland, herinner ons aan die verskriklike dinge wat deur die eeue aan slawe, manne, vroue en kinders, gedoen is. Die prys wat onskuldige mense vir die inhaligheid van ander betaal, is verskriklik, maar dis nie net die slawe wat skade ly nie – ook diegene wat dit toepas betaal ’n dure prys. ’n Opmerking wat Frederick Douglass, ’n voormalige slaaf en later kampvegter vir menseregte gemaak het, lui soos volg: “Geen mens kan ’n ketting om die enkel van ’n ander mens plaas, sonder om die ander ent van die ketting om sy eie nek vas te maak nie.” In die proses om ander hulle menslikheid te ontneem, word jy self gedehumaniseer. Paulus het dit anders verwoord: “Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes” (Gal. 6:7). Paulus se woorde herinner ons daaraan dat ons keuses gevolge het – en dit sluit in die manier waarop ons ander behandel. Wanneer ons verkies om te haat, kan daardie haat na ons toe terugkeer op maniere waarop ons nie bedag is nie. Ons kan ontdek dat ons van ander mense vervreemd is, kwaad is vir onsself en gevolglik nie die Here effektief kan dien nie. Laat ons liewer die ander keuse uitoefen. “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel … laat ons dus aan almal goed doen” (vs. 9,10).

]]>
280254
genadige wagtydperk https://afrikaans-odb.org/2020/12/27/genadige-wagtydperk/ Sat, 26 Dec 2020 22:00:31 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280252 Roger het sy werk verloor toe die maatskappy moes verklein en afdankings noodsaaklik was. Vir maande het hy vir betrekkings aansoek gedoen, gebid, ander gevra om te bid, en op die Here vertrou. Roger en sy vrou het wisselende emosies beleef. Die Here het by tye op ongelooflike wyses voorsien, maar soms het dit moeilik […]]]>

Roger het sy werk verloor toe die maatskappy moes verklein en afdankings noodsaaklik was. Vir maande het hy vir betrekkings aansoek gedoen, gebid, ander gevra om te bid, en op die Here vertrou. Roger en sy vrou het wisselende emosies beleef. Die Here het by tye op ongelooflike wyses voorsien, maar soms het dit moeilik gegaan en dan het hulle getwyfel of Roger ooit weer werk sou kry. Vir 15 maande het hulle gewag. Toe het Roger drie onderhoude gehad en ’n week later het die agent hom gebel en gesê: “Het jy al ooit die uitdrukking gehoor ‘soms het die wolke ’n silwer randjie?’ Wel, jy het die pos gekry.” Roger se vrou Jerrie, het later gesê: “Ons sou nie hierdie moeilike beproewing vir iets verruil nie. Dit het ons nader aan mekaar gebring en ook nader aan die Here.” Vriende wat saam gebid het, was saam bly en het ook die Here gedank. Paulus wou gehad het dat die kerk in Korinte die werking van God in sy lewe sou sien, wat aanleiding daartoe sou gee “dat die dankgebede … meer [word] en God … die eer [ontvang]” (2 Kor. 4:15). Sy beproewinge was so erg dat hy “in alles … verdruk” was, radeloos, “maar nie vernietig nie” (vs. 8,9). Nogtans het hy ander bemoedig en hulle gemaan (vs. 16) om op die Here te vertrou. Wanneer ons probleme ondervind kan ons nader aan die Here kom, soos dit met Roger en Jerrie die geval was en dan sal die lof aan die Here gegee word.

]]>
280252
foutiewe aanbidding https://afrikaans-odb.org/2020/12/26/foutiewe-aanbidding/ Fri, 25 Dec 2020 22:00:21 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280250 Indien jy mense wil ontstel, bedreig dan net hulle ekonomiese situasie. ’n Swak ekonomiese prentjie het al daartoe gelei dat politici uit hulle poste verwyder is. So het dreigemente dat die ekonomie in Efese ineen sal stort, die gemeenskap so opgesweep dat Paulus byna uit Efese verdryf is. Hier is wat gebeur het. Paulus het […]]]>

Indien jy mense wil ontstel, bedreig dan net hulle ekonomiese situasie. ’n Swak ekonomiese prentjie het al daartoe gelei dat politici uit hulle poste verwyder is. So het dreigemente dat die ekonomie in Efese ineen sal stort, die gemeenskap so opgesweep dat Paulus byna uit Efese verdryf is. Hier is wat gebeur het. Paulus het na die stad gekom en in die sinagoge met die Jode geredeneer en die evangelie van Jesus verkondig (Hand. 19:8). Vir langer as twee jaar het hy die boodskap uitgedra. Omdat hy daarin geslaag het om inwoners te laat insien dat daar net een ware God is en dat die godin Diana ’n valse god is, het die lokale silwersmede skade gely. Hulle het afgodsbeelde van Diana gemaak en verkoop, en was bevrees dat as baie mense ophou om in Diana te glo, en nie meer die beelde koop nie, sou hulle besighede te gronde gaan. Daarom het daar ’n oproer ontstaan. Hierdie insident in Efese herinner ons daaraan dat ons die redes waarom ons die Here aanbid, moet ondersoek. Die mense in Efese wou hulle godsdiens beskerm sodat hulle nie finansiëel skade ly nie. Mag dit nooit van ons gesê word nie. Moenie toelaat dat jou godsdiens vir jou ’n wyse word om rykdom en voorspoed te verseker nie. Ons aanbid God omdat Hy ons liefhet en omdat Hy is Wie Hy is, en nie sodat ons ekonomies voordeel kan trek nie. Kom ons aanbid Hom op die regte wyse.

]]>
280250
Dis nou die tyd https://afrikaans-odb.org/2020/12/25/dis-nou-die-tyd/ Thu, 24 Dec 2020 22:00:42 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280248 Gedurende ons gemeente se Kersvieringe het ek gesien hoedat die koorlede voor die gemeente byeenkom, terwyl die dirigent deur sy papiere op die blink swart staander geblaai het. Die instrumente het begin speel en toe het die koor die pragtige, bekende lied, “Kom, nou is dit die tyd om te aanbid” gesing. Ek het eintlik […]]]>

Gedurende ons gemeente se Kersvieringe het ek gesien hoedat die koorlede voor die gemeente byeenkom, terwyl die dirigent deur sy papiere op die blink swart staander geblaai het. Die instrumente het begin speel en toe het die koor die pragtige, bekende lied, “Kom, nou is dit die tyd om te aanbid” gesing. Ek het eintlik ’n ander Kerslied verwag, maar na ’n paar oomblikke se nadenke het ek besef hoe geskik die lied vir dié besondere geleentheid was. Ek het vroeër die week Lukas se verslag van Jesus se geboorte gelees en dit het my getref dat daar niks van al die moderne feesvieringe was nie – partytjies, geskenke en ryk maaltye nie – maar net aanbidding. Toe die engel Jesus se geboorte aan die verskrikte skaapwagters aangekondig het, het engele dadelik met lofprysing begin. Hulle het uitgeroep en gesê: “Ere aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het” (Lukas 2:14). Die skaapwagters het gereageer deur dadelik na Betlehem te gaan waar hulle die nuutgebore Koning in ’n krip in ’n stal aangetref het. Hulle het na hulle skape teruggekeer terwyl hulle God “loof en prys” vir alles wat hulle beleef het (vs. 20). Toe hulle van aangesig tot aangesig met die Seun gekom het, het hulle die Vader geloof. Kom ons dink vandag aan ons reaksie op Jesus se koms na die wêreld. Is daar ruimte in jou hart om Hom te loof en prys?

]]>
280248
Die Dood Vernietig! https://afrikaans-odb.org/2020/12/24/die-dood-vernietig/ Wed, 23 Dec 2020 22:00:52 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280246 Mediese navorsers soek onvermoeid om geneesmiddels vir kanker, Altsheimer en ander uitmergelende siektes te vind. Maar wat daarvan as jy eendag sou wakker word en die hoofberigte in die koerante lees: DIE DOOD VERNIETIG! Sou jy dit kon glo? Kan jy dit glo? Die Nuwe Testament verklaar uitdruklik dat vir die kind van die Here […]]]>

Mediese navorsers soek onvermoeid om geneesmiddels vir kanker, Altsheimer en ander uitmergelende siektes te vind. Maar wat daarvan as jy eendag sou wakker word en die hoofberigte in die koerante lees: DIE DOOD VERNIETIG! Sou jy dit kon glo? Kan jy dit glo? Die Nuwe Testament verklaar uitdruklik dat vir die kind van die Here is die dood finaal vernietig – dit is magteloos en nie meer in staat om te doen wat dit eens gedoen het nie. “Wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: ‘Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal’” (1 Kor. 15:54). Dis wonderlike nuus vir elkeen wat dit sal aanvaar, net soos die nuus wat die engele aan die skaapwagters gegee het die nag toe Jesus gebore is. “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here” (Lukas 2:10,11). Die geboorte van Jesus is die begin van die einde vir die dood. “Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus” (1 Kor. 15:56,57). Dis waarom ons Kersfees vier!

]]>
280246
Verborge skat https://afrikaans-odb.org/2020/12/22/verborge-skat/ Mon, 21 Dec 2020 22:00:42 +0000 https://afrikaans-odb.org/?p=280240 ’n Britse skattejagter het ’n groot hoeveelheid Romeinse muntstukke in ’n veld in die suidweste van Engeland ontdek. Dave Crisp het ’n metaal detektor gebruik en op ’n groot pot afgekom met 52,000 muntstukke daarin. Die antieke silwer en brons geldstukke, wat uit die derde eeu n.C. dateer, weeg meer as 700 kilogram en die […]]]>

’n Britse skattejagter het ’n groot hoeveelheid Romeinse muntstukke in ’n veld in die suidweste van Engeland ontdek. Dave Crisp het ’n metaal detektor gebruik en op ’n groot pot afgekom met 52,000 muntstukke daarin. Die antieke silwer en brons geldstukke, wat uit die derde eeu n.C. dateer, weeg meer as 700 kilogram en die waarde word bereken op $5 miljoen. Terwyl Crisp se ongelooflike ontdekking ons miskien laat droom oor die moontlikheid om ook so ’n kosbare skat te ontdek, weet ons dat ons, as Christene, ’n ander tiepe skat najaag. Dit wat ons soek, bestaan nie uit silwer of goud nie. In plaas daarvan soek ons na die kosbare skatte van wysheid sodat ons “diep en volledige insig” kan verkry en so “God se geheimenis kan ken” (Kol. 2:2,3). Die verborge skat van wysheid, om Christus beter te ken, kan slegs in die Bybel gevind word. Daarom het die psalmdigter uitgeroep: “Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ’n groot skat in die hande gekry het” (Psalm 119:162). Indien ons gejaagd is wanneer ons God se Woord lees, sal ons die verborge skatte miskyk. Daardie waarhede moet met erns en toewyding gesoek word, net soos wat ’n fortuinsoeker na aardse skatte sal soek. Is jy gretig om die skatte in die Bybel te ontdek? Is dit vir jou erns? Wel, begin dan vandag om te spit! –

]]>
280240