Londen se koepelvormige St. Paul’s Katedraal, het ’n interessante argitektoniese fenomeen wat die whispering gallery genoem word. Op een webwerf word dit soos volg verduidelik: “Die naam is gegee as gevolg van die feit dat as een persoon aan die een kant van die muur fluister, kan dit duidelik aan die ander kant gehoor word. Die klank word perfek om die kurwe van die fenomeen gedra.” Met ander woorde jy en ’n vriend kan aan verskillende kante van die argitek, Christopher Wren, se groot katedraal sit en met mekaar gesels sonder dat dit nodig is om jou stem te verhef – inteendeel jy kan net fluister . Alhoewel hierdie verskynsel vir ons merkwaardig mag wees, mag St. Paul se Katedraal ook vir ons ’n waarskuwing inhou. Wat ons in die geheim oor ander sê, kan net so maklik versprei as die fluistering in die katedraal. En nie alleen kan ons skinderstories wêreldwyd versprei word nie – dit kan ook baie skade aanrig en ander seermaak. Miskien is dit waarom die Bybel op so baie plekke waarsku dat ons op ons woorde moet let, en nie onnodig praat nie. Die wyse koning Salomo het geskryf: “Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig” (Spreuke 10:19). In plaas van om in ’n fluisterstem oor ander te skinder en so pyn en hartseer te veroorsaak, laat ons liewer onsself beheer en die goeie stilte bewaar.