Privaatheidsbeleid

Effektief: 15 Januarie 2015

Our Daily Bread Ministries (“ODB,” “ons”) stel die privaatheid van besoekers aan ons Webwerf op prys. Ons het hierdie privaatheidsverklaring geskep om die inligting wat ons deur ons webwerwe en mobiele toepassings (gesamentlik “Werf”) versamel, en hoe ons hierdie inligting versamel, gebruik en versprei, bekend te maak. Dié privaatheidsverklaring is van toepassing op alle domeine wat met ODB geassosieer word.

Privaatheidsverklaring

Inligting wat op hierdie Werf versamel word, sal volgens die volgende riglyne aangewend word:

  1. Persoonlike Inligtingsbeleid. ODB Ministries handhaaf ’n streng evangeliebedieningswye beleid dat ons nooit jou persoonlike inligting aan ander persone of organisasies – kommersieel of sonder winsmotief – sal verkoop, verhuur of andersins verstrek nie. Die enigste uitsondering sal wees om aan die wet te voldoen, of om die regte, eiendom of veiligheid van ODB, ons gebruikers, of ander te beskerm. Enige persoonsidentifiserende inligting (naam, adres, telefoonnommer(s) en / of e-posadres) wat u aan ons verstrek, word gebruik slegs vir die doel waarvoor dit verstrek is.
  2. Versameling en Gebruik van Persoonlike Inligting.  Na gelang van hoe jy die Werf gebruik, mag ons jou vra om persoonsidentifiserende inligting (“Persoonlike Inligting”) aan ons te verstrek. Dit is jou keuse of jy enige Persoonlike Inligting aan ons verstrek, tog mag gedeeltes van die Werf nie beskikbaar wees sonder dat Persoonlike Inligting verstrek word nie. Persoonlike Inligting sluit enige inligting in wat identifiseer, of gebruik kan word om jou te identifiseer, te kontak of op te spoor. Van die voorbeelde van wanneer ons Persoonlike Inligting aanvra en versamel, sluit in:
  1. Wanneer ’n ODB-rekening geskep word. Wanneer jy ’n rekening skep, sal jy jou e-pos en e-posadres verstrek. Jy mag ook besluit om voorkeur- en belange gebaseerde inligting te verstrek. Dit stel ons in staat om bywerkings aan jou te stuur, jou te kontak wat betref aankondigings, stelselbywerkings, nuwe evangeliebedieningsprodukte en skenkings, en ander inligting.
  2. Kontak Ons. Ons gebruik Kontak Ons-vorms, wat op verskeie terreine van die Werf geplaas is, sodat jy ons direk kan kontak ten opsigte van enige vrae, opmerkings of versoeke wat jy mag hê. Hierdie inligting word gebruik om op jou vrae, kommentaar en versoeke te antwoord. Ons mag ook jou kommentaar liasseer om sodoende die Werf en program te verbeter, of die inligting te hersien en te verwerp.
  3. Registrasie van E-pos. Jy het die geleentheid om gereeld e-posse van ODB te ontvang. Wanneer jy aanteken vir e-pos, mag jy gevra word om Persoonlike Inligting (wat e-posadres, naam, land en voorkeure insluit) te verstrek. Die inligting wat verstrek word, sal gebruik word om e-pos aan jou te stuur, jou ondervinding te verpersoonlik en om dít wat ons aanbied, te verbeter en uit te brei. Ons stuur slegs e-posse aan gebruikers wat gekies het om ons pos te ontvang. Indien jy in ’n stadium aangeteken het vir e-pos maar nie langer jou naam op die e-poslys wil hê nie, kan jy uitteken deur op Uitteken binne die e-pos te klik.
  4. Mobiele Toepassings. Ons bied verskeie toepassings vir mobiele toestelle, wat fone en tablette insluit. Indien jy volle toegang tot al die eienskappe (wat kommentaar, joernaal hou en boekmerke insluit) binne die toepassing wil hê, sal daar van jou vereis word om ’n rekening te skep.    
  1. Lêers wat gelog is en koekies. Wanneer jy op die Internet aanteken, ken jou internetdiensverskaffer (ISP) outomaties ’n IP-adres aan jou rekenaar toe. Webbedieners identifiseer jou rekenaar volgens die IP-adres, en ons gebruik jou IP-adres om probleme met ons bedieners vas te stel, die Werf te bestuur, en deurentyd die waarde van die materiaal wat op die Werf beskikbaar is, te verbeter.
  2. Inligting wat versamel is. Ons versamel jou op menige verskillende maniere inligting van jou op die Werf. Een van die doelwitte waarom ons Persoonlike Inligting van jou versamel, is om ’n doeltreffende, betekenisvolle en pasmaak ondervinding aan jou te verskaf. Dit staan ODB vry om Persoonlike Inligting te versamel van almal wat produkte aankoop wat in verband met ODB.org, ODB Ministries, of enigeen van ons publikasie-afdelings aangebied word. Enige Persoonlike Inligting wat jy kies om aan ODB te verstrek, word gebruik om (a) produkte en dienste te lewer; (b) besoeker- en gebruikersaktiwiteit te ontleed en te moniteer; (c) die produkte en dienste wat aangebied word aan te beveel en te ondersteun; (d) die toekomstige ontwikkeling van die Werf en die produkte en dienste wat aangebied word, te help beplan, en (e) ’n kennisbasis in verband met die Webwerfgebruikers en -kliënte te ontwikkel. Om die produkte en diens(te) wat jy aangevra het aan jou te lewer, mag ons dit nodig vind om Persoonlike Inligting aan enigeen van ons ODB-kantore wêreldwyd of sustermaatskappye bekend te maak.
  1. Ons het ooreenkomste aangegaan met vertroude verteenwoordigers en sakevennote wat ondersteuningsdienste en toerusting verskaf wat noodsaaklik is vir ODB en sy bedieningsvennote om hul produkte en dienste te lewer. Ons mag data met hierdie vertroude verteenwoordigers en sakevennote deel. Byvoorbeeld: as jy van ons aankoop, sal die inligting wat jy verstrek deur ons verwerkingsverteenwoordiger versamel word, en inligting rakende jou kredietkaart sal aan ons kredietkaartverwerker verstrek word sodat ons die koop kan sluit. Moet asseblief nie inligting  indien wat jy nie bekend gemaak wil hê nie.
  2. Ons versamel anonieme derdeparty- publieke data (soos ouderdom, geslag, en belangstellings) deur Google Analytics. Ons gebruik hierdie inligting om die Werf te verbeter en te verpersoonlik. Ons mag ook hierdie inligting gebruik om geleenthede te identifiseer om die inhoud op ’n publiek of meer toe te spits. Ons mag van tyd tot tyd terugvoer van gebruikers via meningspeilings aanvra. Ons sal dié inligting geheel en al gebruik om ons produkte en dienste te verbeter.  
  3. Ons mag jou kontak om jou persoonlike details by te werk sodat jy ingelig kan wees oor bykomende produkte en dienste.
  4. ODB en DHP is evangeliebedienings sonder winsmotief wat ondersteun word deur die skenkings van getroue vriende en lede. Ons stuur geen direkte versoeke om skenkings aan ons kontakte of enigeen op ons poslys nie. Nogtans behou ons die reg om hierdie beleid rakende versoeke om skenkings in die toekoms te wysig, soos gelas deur ODB se beheerraad.  
  5. Sekuriteit. ODB se topprioriteit is om jou privaatheid en jou inligting te beskerm. Ons gebruik kommersieel aanvaarbare gemiddeldes om die integriteit van die Werf en die vertroulikheid van die versamelde data te beskerm. Ons werknemers en gemagtigde vrywilligers is bewus van ons privaatheid- en sekuriteitsbeleid, en jou inligting is alleenlik toeganklik vir daardie werknemers en gemagtigde vrywilligers wat dit nodig het om hul take te verrig. Nogtans kan ons nie algehele versekering bied teen, en sal ons nie aanspreeklik gehou word vir enige verbreking van vertroue as gevolg van stelselonderbrekings of ongemagtigde toegang deur derde partye nie.
  6. Voorbehoude. Die Werf is bedoel vir gebruikers wat 18 jaar oud of ouer is. Indien jy nie 18 jaar oud of ouer is nie, moet jy geen inligting by ons indien nie.
  7. Bywerk van Gebruikersinligting. Op versoek sal billike toegang tot Persoonlike Inligting binne 60 dae nadat die versoek ontvang is, sonder enige koste aan die gebruiker toegestaan word. Indien toegang nie binne daardie tydraamwerk toegestaan kan word nie, sal ons aan die gebruiker ’n datum gee waarop die inligting verstrek sal word. As toegang om die een of ander rede geweier word, sal ons ’n verduideliking gee waarom toegang geweier is.
  8. Skakels. Die Werf mag skakels bevat na ander Webwerwe wat nie deur ODB besit of bestuur word nie. Hierdie skakels dui nie aan dat ons daardie Webwerf se beleid met betrekking tot besoekers se privaatheid onderskryf of goedkeur nie. Ons moedig jou aan om hierdie Webwerwe te besoek om jou te vergewis van hul privaatheidsbeleid aangesien hulle beleid van ons s’n mag verskil. Ons moedig jou aan om die privaatheidsverklaring van enige Webwerf wat jy mag besoek, te lees.
  9. Boodskapborde en Kommentare. Enige inligting wat op boodskapborde, geselskamers, kommentare of iets soortgelyks op die Werf gepos word, word publieke inligting. Die standpunte wat in hierdie kommentare ingeneem word, is geheel en al dié van die individu wat kommentaar lewer en word nie deur ons onderskryf nie en verteenwoordig nie die siening of oortuigings van ODB nie. ODB is nie verantwoordelik vir enige onaanvaarbare taalgebruik of onderwerpe wat bespreek word nie. Ons sal egter alles in ons vermoë doen om te verseker dat hierdie terreine gemoniteer, en dat geskikte onderwerpe bespreek word.
  10. Bywerk van die Beleid. Ons behou die reg om hierdie privaatheidsbeleid te eniger tyd by te werk. Die wysigings sal op hierdie Werf gepos word met ’n bygewerkte datum waarop dit in werking tree. Raadpleeg asseblief ons Werf van tyd tot tyd om jou van die huidige beleid te vergewis.
  11. Aanvaarding. Gebruik van die Werf sal die gebruiker se aanvaarding van hierdie privaatheidsbeleid en enige bywerking daaraan konstitueer. Indien jy enige vrae of klagtes het rakende enige gebruik van data, of oor hierdie verklaring in die algemeen, kan jy ons kontak deur die Kontak Ons-vorm op die Werf te gebruik, of skryf aan ons by die volgende adres: Our Daily Bread Ministries, 3000 Kraft Ave. SE. Grand Rapids, MI 49512.
  12. ODB se Bepalings en Voorwaardes van Gebruik
  1. Enige dispuut wat verband hou met ODB se Privaatheidsbeleid sal onderworpe wees aan die bepalings en voorwaardes van hierdie Privaatheidsbeleid, sowel as aan daardie wat in die Bepalings en Voorwaardes van Gebruik van Our Daily Bread Ministries Webwerf uiteengesit word.
  2. Jurisdiksie.

Laaste bygewerk: 15 Januarie 2015