Bepalings en Voorwaardes vir die Gebruik van Our Daily Bread Ministries Webwerwe

GEREGTELIKE KENNISGEWINGS – LEES HIERDIE BEPALINGS NOUKEURIG DEUR VOOR JY HIERDIE WERF GEBRUIK.

ENIGE TOEGANG TOT EN GEBRUIK VAN HIERDIE Our Daily Bread MINISTRIES AANLYN (ODB) WEBWERF, MET INBEGRIP VAN ENIGE DIENSTE OF INLIGTING OP DIE WEBWERF, GESAMENTLIK OF INDIVIDUEEL, WAT DIE GEVAL MAG WEES (DIE “WERF”), IS ONDERWORPE AAN DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN GEBRUIK SOOS UITEENGESIT IN HIERDIE DOKUMENT, SOOS WAT DIT VAN TYD TOT TYD DEUR ODB (DIE “BEPALINGS”) GEWYSIG WORD. ODB IS ’N AANLYN WEBWERF VAN Our Daily Bread MINISTRIES, DIE UITGEWERS VAN ONS DAAGLIKSE BROOD. HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES IS VAN TOEPASSING OP ALLE ANDER DOMEINNAME WAT MET HIERDIE WEBWERF IN VERBAND GEBRING WORD, MET INBEGRIP VAN ODB.ORG, ODB.NET, EN ANDER DOMEINNAME WAT BY ODB MINISTRIES GEREGISTREER IS. DEUR TOEGANG, KOPIËRING OF VERDERE GEBRUIK VAN DIE WEBWERF, AANVAAR JY OM JOU STRENG BY DIE BEPALINGS TE HOU. ODB MAG DIE BEPALINGS VAN TYD TOT TYD WYSIG, ENKEL VOLGENS EIE DISKRESIE, EN JOU GEBRUIK VAN DIE WERF NADAT SULKE WYSIGINGS AANGEBRING IS, SAL JOU AANVAARDING KONSTITUEER OM DIE BEPALINGS, SOOS GEWYSIG, NA TE KOM. INDIEN JY NIE HIERDIE BEPALINGS AANVAAR NIE, MAG JY NIE TOEGANG VERKRY TOT OF DIE WERF GEBRUIK NIE.

 

  1. ALGEMENE WERFGEBRUIK.

1.1 Slegs Persoonlike en Interne Bedryfsgebruik en Kopiereg. Tensy dit anders gespesifiseer word, is die Werf slegs vir jou persoonlike en interne bedryfsgebruik. Die Werf se ontwerp, teks en grafika, sowel as die seleksie en opstelling van sodanige elemente, word deur kopiereg en wêreldwye kopieregwette en stipulasies van ooreenkomste beskerm. Tensy dit andersins uitdruklik op die Werf veroorloof word, mag die Werf en die materiaal op geen manier gekopieer, gereproduseer, gewysig, gepubliseer, opgelaai, geplaas, versend of versprei word sonder dat ODB vooraf skriftelik vergunning daartoe verleen het nie en word dit uitdruklik deur die wet verbied, dus kan dit ernstige siviele en kriminele strawwe tot gevolg hê. Skenders sal in die hoogs moontlike mate vervolg word. Tensy dit uitdruklik hierin verstrek word, vergun ODB geen uitdruklike of geïmpliseerde reg aan jou ten opsigte van enige patent, kopiereg, handelsmerk of bedryfsgeheime-inligting nie.

1.2 Skakels na Ander Materiaal. Gekoppelde Webwerwe op die Werf is nie onderworpe aan ODB nie, en ODB is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige gekoppelde werf of enige skakel wat in ’n gekoppelde werf vervat is nie. ODB behou die reg om enige skakel of koppelingsprogram te eniger tyd te beëindig. ODB stel sodanige skakels beskikbaar vir jou gerief. ODB het geen inligting, program, maatskappy of produk op werwe waaraan dit koppel, onderskryf, getoets of geverifieer nie. Indien jy besluit om toegang te verkry tot enige derdepartywerf wat aan hierdie Werf gekoppel is, doen jy dit geheel en al op eie risiko.

1.3 Beëindiging van Rekening. ODB behou die reg om geheel na eie goeddunke jou toegang tot ODB te eniger tyd, met of sonder rede, met of sonder kennisgewing, te beëindig of op te skort. Jou reg om van ODB gebruik te maak staak onmiddellik ná die beëindiging van jou rekening by ODB.

1.4 Jy mag jou ODB-rekening te eniger tyd, met of sonder rede, beëindig.

1.5 Rekeninggebruik. ODB laat jou toe om bykomende gesinslede toegang tot jou ODB-rekening te gee. Jy is geheel en al verantwoordelik vir die totale gebruik van die rekening. Jy sal nie jou reg of toegang tot jou ODB-rekening toeken, oordra, herverkoop, sublisensieer of andersins versprei nie. Jou ODB-rekening is alleenlik vir jou persoonlike en gesinsgebruik.

1.6 Jy verteenwoordig en waarborg dat (1) jy ten minste 18 jaar oud is, of die ouderdom wat vereis of toegelaat word onder toepaslike wetgewing om die vereiste rekeninginligting te verstrek; (2) alle inligting wat jy indien waar en akkuraat is; en (3) jy ’n individu is wat volmag het om die rekeninginligting te verstrek.  Jy aanvaar om jou verantwoordelikhede en verpligtinge soos uiteengesit in hierdie Bepalings en Voorwaardes, na te kom.

  1.  HANDELSMERKE.

Tensy andersins aangedui, is alle produkte en diensmerke en logo’s wat op die Werf verskyn, onderworpe aan die handelsmerkregte van ODB, ODB Ministries, Discovery House Publishers, of ander handelsmerkeienaars soos aangedui. Die afwesigheid van ’n produk of diensnaam of logo op hierdie werf konstitueer nie ’n verklaring van afstanddoening van enige handelsmerk of ander intellektuele eiendomsreg wat betref daardie naam of logo nie.

3.VERWERPING VAN WAARBORGE

    1. Algemeen. ODB BIED GEEN VERTEENWOORDIGING OF WAARBORG DAT (i) DIE WERF AAN AL JOU VEREISTES SAL VOLDOEN NIE, (ii) DIE WERF OF INLIGTING ONONDERBROKE, AKTUEEL, AKKURAAT, VEILIG OF SONDER FOUTE SAL WEES NIE, (iii) DIE RESULTATE WAT DEUR DIE GEBRUIK VAN DIE WERF VERKRY MAG WORD, AKKURAAT OF BETROUBAAR, OF (iv) DIE KWALITEIT VAN ENIGE PRODUK, DIENS, INLIGTING OF ANDER MATERIAAL WAT JY DEUR DIE WERF AANGEKOOP OF VERKRY HET AAN JOU VEREISTES SAL VOLDOEN NIE. ODB ONDERNEEM GEEN VERPLIGTING OM DIE WERF BY TE WERK, TE WYSIG OF TE VERDUIDELIK NIE.
    2. Geen Waarborge. DIE WERF WORD, IN DIE HOOGSTE MATE WAT DEUR TOEPASLIKE WETGEWING TOEGELAAT WORD, “VOETSTOOTS” EN MET AL DIE FOUTE SONDER ENIGE UITDRUKLIKE OF GEÏMPLISEERDE WAARBORG VAN ENIGE AARD, VOORSIEN. ODB VERWERP HIERMEE ALLE WAARBORGE EN VOORWAARDES MET BETREKKING TOT DIE WERF EN INLIGTING, MET INBEGRIP VAN ONBEPERKTE WAARBORGE VAN VERKOOPBAARHEID, TITEL, INBREUKMAKING, GESKIKTHEID VIR ’N BEPAALDE DOEL, GEBREK AAN VIRUSSE, AKKURAATHEID OF VOLLEDIGHEID, RESULTATE EN ’N GEBREK AAN NALATIGHEID. DIE ALGEHELE RISIKO WAT UIT DIE GEBRUIK VAN DIE WERF EN INLIGTING VOORTSPRUIT, RUS OP JOU.

4.BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID EN REGSTELLINGS.

    4.1 Uitsluiting. ODB SAL, IN DIE HOOGSTE MATE WAT DEUR DIE TOEPASLIKE WETGEWING TOEGELAAT WORD, IN GEEN GEVAL HOEGENAAMD AANSPREEKLIK WEES VIR ENIGE SKADE VAN ENIGE AARD, INSLUITEND SONDER BEPERKING ENIGE DIREKTE, SPESIALE, ONVOORSIENE, INDIREKTE OF GEVOLGLIKE SKADE (MET INBEGRIP VAN, MAAR NIE BEPERK TOT, SKADES VIR VERLIES AAN PROFYT, VERLIES AAN VERTROULIKE OF ANDER INLIGTING, BEDRYFSONDERBREKING, PERSOONLIKE BENADELING, VERLIES AAN PRIVAATHEID, VERSUIM OM ENIGE VERPLIGTING NA TE KOM (MET INBEGRIP VAN GOEIE TROU OF VAN REDELIKE SORGVULDIGHEID, NALATIGHEID, EN ENIGE ANDER FINANSIËLE OF ANDER VERLIES HOEGENAAMD) WAT VOORTSPRUIT UIT OF OP ENIGE MANIER VERBAND HOU MET DIE GEBRUIK VAN OF ONVERMOË OM DIE WERF TE GEBRUIK, SELFS AL WEET ODB VAN, OF SOU HULLE MOET GEWEET HET VAN, DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADES. INDIEN JY ONTEVREDE IS MET ENIGE GEDEELTE VAN DIE WERF, OF MET ENIGEEN VAN HIERDIE BEPALINGS, IS JOU ENIGSTE EN UITSLUITLIKE REGSTELLING OM JOU GEBRUIK EN JOU REKENING OP HIERDIE WERF TE BEËINDIG. DIE VOORGEMELDE BEPERKINGS, UITSLUITINGS EN VERWERPINGS SAL VAN TOEPASSING WEES IN DIE HOOGSTE MATE WAT DEUR DIE TOEPASLIKE WETGEWING TOEGELAAT WORD, SELFS WANNEER ENIGE REGSTELLING IN SY WESENLIKE DOEL MISLUK.  

   4.2 Vrywaring. Jy aanvaar om ODB te verdedig, te vrywaar en nie-aanspreeklik te hou vir enige en alle eise, aanspreeklikheid, aansprake, boetes en strawwe, verbeurings, regsgedinge, beslissings en die gepaardgaande kostes en uitgawes (prokureursfooie ingesluit) waaraan ODB hierna blootgestel mag word, verantwoordelik raak vir of uitbetaal wat uit jou gebruik van die Werf of jou verbreking van enige bepaling of stipulasie van hierdie Bepalings voortspruit.

  1. Die Privaatheidsbeleid van Our Daily Bread Ministries

5.1 Jy aanvaar die bepalings van die Our Daily Bread Ministries Privaatheidsbeleid wat op hierdie webwerf beskikbaar is.

5.2 Enige dispuut wat verband hou met die ODB Privaatheidsbeleid sal onderworpe wees aan die bepalings en voorwaardes van hierdie Ooreenkoms, sowel as dié wat uiteengesit is die in ODB Privaatheidsbeleid.

  1. ALGEMENE BEPALINGS.

6.1 Wysiging. ODB behou te eniger tyd en geheel na eie goeddunke die reg om bepalings, voorwaardes en kennisgewings waaronder die Werf aangebied word, te wysig, met inbegrip van maar nie beperk nie tot die koste wat met die gebruik van die Werf geassosieer word. ODB mag te eniger tyd die Bepalings hersien deur hierdie plasing by te werk. Jy behoort van tyd tot tyd hierdie blad te besoek om die gewese-teenswoordige Bepalings te hersien omdat jy jou daartoe verbind het. Sekere stipulasies van die Bepalings mag vervang word deur uitdruklike aangewese regskennisgewings wat aan jou gegee word of bepalings wat op bepaalde bladsye op die Werf gevind kan word. ODB behou ook te eniger tyd en geheel na eie goeddunke die reg om die Werf (of enige gedeelte daarvan) met of sonder kennisgewing te wysig of op te skort, tydelik of permanent. Jy aanvaar dat ODB nie teenoor jou of enige derde party vir enige wysiging, opskorting of beëindiging van die Werf aanspreeklik sal wees nie.

6.2 Toewysing. Jy mag nie enige regte toewys aan, of enige verpligtinge delegeer met betrekking tot die Bepalings of enige gedeelte daarvan sonder die geskrewe toestemming van ODB nie. Enige poging daartoe sal as ’n verbreking van die Bepalings beskou word.

6.3 Jurisdiksie. HIERDIE BEPALINGS SAL ONDERWORPE WEES AAN EN GEÏNTERPRETEER WORD VOLGENS DIE WETGEWING VAN DIE STAAT VAN MICHIGAN, SONDER INAGNEMING VAN DIE BEGINSELS VAN DIE INTERNASIONALE PRIVAATREG. ODB EN DIE INTEKENAAR AANVAAR DAT ALLE DISPUTE EN LITIGASIE TEN OPSIGTE VAN HIERDIE BEPALINGS EN SAKE WAT AANSLUIT BY DIE WERKVERRIGTING OF VERBAND HOU MET DIE GEBRUIK VAN DIE WEBWERF EN INLIGTING, ONDERWORPE SAL WEES AAN, EN ELKEEN STEM TOE TOT DIE JURISDIKSIE EN REGSGEBIED IN DIE STAAT EN FEDERALE HOWE IN MICHIGAN. DIE GEBRUIK VAN DIE WERF IS ONGEMAGTIG IN ENIGE JURISDIKSIE WAT NIE UITVOERING GEE AAN AL DIE STIPULASIES VAN HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES NIE, MET INBEGRIP VAN HIERDIE SEKSIE SONDER BEPERKING.

6.4 Billike Regshulp. Jy erken dat jy, deur ’n verbreking van enige van die verpligtinge soos in die Bepalings vervat, ODB onherstelbare skade sal berokken, wat nie geredelik deur monetêre vergoeding in ’n regsgeding verhaal kan word nie. Gevolglik sal ODB, in die geval van enige versuim of breuk aan jou kant jou, met inbegrip van enige optrede deur jou wat ’n mate van of verwatering van ODB se welwillendheid, reputasie of regte in die Werf kon veroorsaak het, geregtig wees op ’n onmiddellike verbod sowel as op enige ander beskikbare vergoeding om sodanige onherstelbare skade, verlies of verwatering te beëindig.

6.5 Algehele Ooreenkoms. Die Bepalings sluit die volledige ooreenkoms en verstandhouding tussen jou en ODB in ten opsigte van die inhoud van die Bepalings en vervang alle vorige mondelinge of geskrewe ooreenkomste en verstandhoudings wat verband hou met die inhoud van die Bepalings. Geen verklaring, verteenwoordiging, waarborg, verbond of ooreenkoms van enige aard wat nie uitdruklik in die Bepalings uiteengesit is, sal ’n effek hê of gebruik word om die uitdruklike bepalings en stipulasies van die Bepalings te interpreteer, te wysig of te beperk nie.