WAT VIR ONS BELANGRIK IS

By Our Daily Bread Ministries vertrou ons op God alleen. Ons vertrou op Sy wysheid en krag om ons bediening te lei. Die Bybel is ons grondslag. Ons erken dat ons die geleentheid gegee word om Sy Woord uit te dra, en ons is daartoe verbind om getroue rentmeesters te wees van die hulpbronne wat aan ons toevertrou is.

Ons Beginsels

Bybelse Grondslag

  • Hou die Bybel in ere as die norm waarvolgens ons alle oortuigings, onderrig, beleide en praktyke beoordeel (2 Tim. 3:16).
  • Bly getrou aan ons verklaring van geloof (2 Tim. 1:13).
  • Weerspieël ’n goed geronde benadering tot leerstellige beklemtoning (Hand. 20:27).

Dienaar-Leierskap

  • Kies dienaar-leiers oor wie se karakter en vaardighede goeie getuienis gelewer is (Eks. 18:21; 1 Tim. 3:1-13).

Geestelike Verbondenheid

  • Bly in intieme samesyn met die Here Jesus Christus. Gee Hom geen rede om te sê nie: “Maar Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie” (Op. 2:4).
  • Doen die werk van Our Daily Bread Ministries in die wysheid en die krag van die Here eerder as om dit uit ons eie te probeer doen (Gal. 2:20; 3:3).
  • Vertoon te alle tye en op alle plekke ’n konsekwente lewenswandel wat ons as die Here se eiendom onderskei (1 Pet. 1:14-15).
  • Vertrou altyd op die Here en doen wat reg is (1 Pet. 3:16).

Omgee Vir Dié Wat Ons Dien

  • Lewer dieselfde mate van persoonlike, spoedige en praktiese aandag wat ons graag self wil ontvang (2 Kor. 4:5, 15).
  • Praat die waarheid in liefde. Vermy dit om onnodig aanstoot te gee (2 Tim. 2:24).
  • Ontwikkel ’n openhartige en eerlike verhouding met dié wat op ons strewes reageer (2 Kor. 4:2).
  • Wees sensitief ingestel op alle ander verhoudinge en invloedsfere. Dit sluit verkopers, bure, besoekers, die gemeenskap en regering in, maar is nie net tot hulle beperk nie (Rom. 13:7-8).

Omgee Vir Medewerkers

  • Erken die individuele waarde en persoonlike belange van dié wat saam met ons werk (Fil. 2:1-4).

Gehalte Van Diens

  • Strewe na die gehalte van vakmanskap en aanbieding wat ons boodskap waardig sal wees, versterk en uitbrei (1 Kor. 10:31).
  • Wees betroubare bestuurders van elke hulpbron wat aan ons toevertrou is (1 Kor. 4:2).

Die Aard Van Diens

  • Verminder of vermeerder uitreikprogramme na die mate wat fondse beskikbaar is.
  • Vermy skuldlas (Rom. 13:8).
  • Vermy dit te alle tye om besluite te neem wat uitsluitlik op die voortbestaan van ons organisasie gemik is (Fil. 1:19-26).
  • Vermy selftevredenheid (Spr. 27:2).

Betrekkinge Met Ander Bedienings

  • Erken en respekteer wat die Here deur ander individue en organisasies doen (1 Kor. 1:10-13).
  • Vermy enige affiliasie wat ons doel sal kompromitteer of ons doeltreffendheid benadeel (2 Kor. 6:14).
  • Bedryf ons bediening op so ’n wyse dat dit die plaaslike kerk aanvul (Ef. 4:1-7).