Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. Egner

Kersfees reis

Hoe ver is dit vanaf Nasaret na Betlehem? Indien jy in Pennsilvanië woon, seker net so tien minute se ry met ’n motor. Maar as jy in Nasaret in Galilea is, en jy reis met jou swanger vrou, is dit meer as 150 kilometer. Dis die afstand wat Josef en Maria moes aflê. Die reis het hulle waarskynlik ’n week…

’n wag Voor Die mond

Ek het saam met my vriendin Yuliya en haar dogter, Anastasia, in ’n duikweg in Minks, Belarus gestap toe ek skielik, gesig eerste op die vuil, stowwerige vloer neergeslaan het. Ek kan glad nie onthou hoe ek geval het nie, maar ek onthou wel dat my mond skielik vol grond en gruis was. Sies! Ek kon nie gou genoeg opstaan…

wees ’n wapendraer

Die Israeliete en die Filistyne was in ’n geveg betrokke. Terwyl Saul en twee afdelings by Mikmas in die bergwêreld ontspan het, het Jonatan en sy wapendraer die kamp stilletjies verlaat om te sien of die Here nie miskien iets vir hulle sou doen nie, want hulle het besef die Here “kan red, deur baie of deur min” (1 Sam.…

Radikaal En Onderstebo

Die waardes van Jesus se koninkryk wat Hy hier op aarde kom proklameer het, was heel anders as die waardes van daardie dae. Die Fariseërs en Skrifgeleerdes was net op soek na eer en erkenning en ongelukkig is dit vandag nog net so by baie van ons. Ons wil eer en waardering van die skare ontvang. In die gelykenis wat…

Kragtige Woorde

In ’n boek met die titel UnChristian, word redes aangegee waarom nie- Christene nie hou van persone wat wel in Jesus Christus glo nie. Die mees algemene klagte is die wyse waarop sommige Christene teenoor nie-Christene optree. Die ongelowiges wat in die boek genoem word, beweer almal dat Christene skynheilig, krities, hard, ongevoelig en veroordelend optree teenoor diegene wat nie…

die Verskeidenheid in die skepping

Het jy al ooit nagedink oor al die wonderlike eienskappe wat God aan die verskillende diere gegee het? Job het wel, en een van die interessantste waaroor hy geskryf het, is die volstruis. Ten spyte van sy oënskynlike gebrek aan verstand en sy vreemde optrede as ouer, oorleef die nageslag soos in Job 39:13-16 beskryf word. En alhoewel dit ’n…

my here

Op die dag van sy opstanding het die Here Jesus aan sy dissipels verskyn en aan hulle sy voete en hande getoon. Ons word vertel dat hulle dit aanvanklik nie kon glo nie, dit was te wonderlik vir woorde (Lukas 24:40-41). Tomas was nie by die ander dissipels toe Jesus aan hulle verskyn het nie en Hy het probleme ondervind…

onder nuwe Bestuur

Herman Wouk se spannende roman oor die Tweede Wêreldoorlog, The Caine Mutiny, bevat ’n uitstekende beskrywing van wat in die lewe van ’n persoon gebeur as hy ’n volgeling van God word. In die verhaal lees ons van ’n jong seun uit ’n invloedryke familie wat by die Vloot aangesluit het. Sy ma neem hom toe in haar luukse motor…