ONS VERHAAL

Ons verhaal gaan nie oor onsself nie.

Die bediening het in 1938 begin as ’n radioprogram wat die Detroit Bible Class genoem is. Sedertdien het ons gehoor van ’n klein groepie toegewyde radioluisteraars uitgebrei na miljoene mense dwarsoor die wêreld wat van ons Bybelgefundeerde hulpbronne gebruik maak.
Ons naam het deur die jare verander om die verskeidenheid hulpbronne wat ons aanbied, beter te weerspieël. Vandag besef ons dat die meeste mense ons met die geliefde stiltetydboekie: Our Daily Bread / Ons Daaglikse Brood, verbind. Ons het besluit om ons naam te verander na Our Daily Bread Ministries, juis sodat mense dadelik sal weet wie ons is. Hoewel ons naam verander het, bly ons fokus dieselfde: om met die boodskap van God se liefde na mense oor die hele wêreld uit te reik.
Ons is ’n niekerklike organisasie sonder winsbejag. Ons personeel en vrywilligers werk saam in meer as 37 kantore om meer as 60 miljoen hulpbronne in 150 lande te versprei. Ons verskaf deur middel van onder meer radio- en televisie-uitsendings, DVD’s, potgooie, boeke, selfoontoepassings en ’n webwerf materiaal om mense te help om in hul verhouding met God te groei.

Ons verhaal gaan oor God se getrouheid. En oor jou.

Ons is reeds langer as 75 jaar getuies van God se getrouheid aan die missie van Our Daily Bread Ministries. Ons weet ook dat dit slegs met jou ondersteuning, en dié van jou familie, vriende en kerk is, dat ons in staat gestel word om die goeie nuus van God se liefde, genade en vergifnis te deel met mense oor die hele wêreld.