Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Joe Stowell

gewaagde situasie

Op sommige van die Kerskaarte wat jy hierdie Kersfees sal ontvang, sal jy waarskynlik ’n man sien wat in die agtergrond staan en oor Maria se skouer kyk na die Kindjie wat sy versorg. Sy naam is Josef. Na die verhaal van Jesus se geboorte, hoor ons nie veel meer van hom nie. As ons nie beter geweet het nie,…

sandkastele

Toe ons kinders jonk was, het ek en my vrou Martie, dit baie geniet om as familie by my ouers in Florida te gaan kuier. Dit was veral heerlik om uit die koue, winderige Michigan weg te kom en die warmte van Florida te geniet. Ek kon nie wag om op die strand te ontspan met ’n mooi boek nie.…

Doen net wat reg is

Op ’n buitelandse reis het ek ’n advokaat ontmoet wat ook van my tuisstad in New Jersey afkomstig is. Ons het gesels en was verbaas hoeveel ons in gemeen het. In die loop van die gesprek, het hy gevra: “Het jy gesê jou van is Stillwell?” “Nee,” het ek gesê. “Dis Stowell.” Hy het toe vertel dat hy ’n klient…

’n familieeienskap

Daar’s ’n ou Sondagskoolliedjie wat so af en toe in my gedagtes opkom. Die woorde getuig van die vrede wat Jesus so vrylik gee. “Ek het die vrede wat alle verstand te bowe gaan diep in my hart – en dis daar om te bly!” Daar ontbreek egter iets in hierdie goedbedoelde lied. Die vrede van God is waarlik ’n…

wat ’n Besondere woonbuurt

Die omgewing waarin ’n mens woon, plaas sekere verpligtinge op jou oor hoe jy moet lewe. In ons buurt word die vullishouers op Dinsdae verwyder en daarom is dit my verantwoordelikheid om te sorg dat die houer die aand vantevore reeds uitgesit is. Deur toe te laat dat vullis in die strate ophoop, sal die bure ontstel en die verhouding…

Vader van Leuens

Satan se heerskappy oor die mensdom het begin toe hy Adam en Eva se verstand en denke teen God gedraai het. Om dit te kon doen, moes hy ’n leuen oor God vertel – en hulle moes daarvoor val. In daardie krisisoomblik het hy vir hulle gelieg oor God se goedheid, sy Woord en sy planne en hulle het hom…

Ligging, Ligging, Ligging

Die koop en verkoop van vaste eiendom in die VSA is vandag regtig ’n netelige saak. Huispryse het geweldig geval en as jy probeer om besigheidserwe te verkoop, gaan dit nog moeiliker. Daarom is dit nodig om hierdie waarheid te onthou: “Sover dit die koop en verkoop van eiendom aanbetref is daar niks belangriker as, ligging, ligging, ligging nie!” Dieselfde…

ashoop Christene

Iemand het my eendag gevra waarom sy nou soos Jesus moes word, terwyl sy tog eendag in die hemel soos Hy sou wees (1 Joh. 3:1-3). Belangrike vraag! Veral as dit baie makliker is om hier op aarde maar net jouself te wees. Om die waarheid te sê daar is baie redes waarom dit belangrik is om soos Hy te…

Blye Versekering

Ek was in gesprek met ’n man wie se vrou onlangs gesterf het. Hy vertel toe dat ’n vriend aan hom gesê het: “Ek is so jammer dat jy jou vrou verloor het.” Toe antwoord hy: “Ek het haar nie verloor nie. Ek weet presies waar sy is!” Daar is diegene wat sal dink dat so ’n antwoord voortvarend is.…

wêreld van miere

Een van die hoogtepunte van my taak as kollege president, is om die studente wat hulle studies voltooi het, by te staan. Een jaar, toe ek die gradeplegtigheid bygewoon het, was ek opgewonde by die gedagte dat hierdie studente gereed was om die wêreld in te gaan om die veranderende krag van die koninkryk van Christus te proklameer. Onderweg daarheen…