Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Jennifer Benson Schuldt

Dis nou die tyd

Gedurende ons gemeente se Kersvieringe het ek gesien hoedat die koorlede voor die gemeente byeenkom, terwyl die dirigent deur sy papiere op die blink swart staander geblaai het. Die instrumente het begin speel en toe het die koor die pragtige, bekende lied, “Kom, nou is dit die tyd om te aanbid” gesing. Ek het eintlik ’n ander Kerslied verwag, maar…

Hoop op hom

Een aand toe ons, as familie, vanaf ’n Kersfunksie huis toe gery het, het ons by ’n klein plattelandse kerkie, wat tussen twee glinsterende sneeubanke genestel het, verbygery. Van ver af al kon ons die Kersversieringe sien. Wit ligte wat in die donker geskyn het, het die woord hoop in hoofletters uitgebeeld. Die aanskoue van daardie woord wat in die…

Dankseggings amnestie

Elke jaar, teen die einde van November, reik die president van die VSA ’n offisiële amnestie vir die Nasionale Dankseggingsdag Kalkoen uit. Gedurende een van hierdie lighartige seremonies, het een president opgemerk: “Ons eregas lyk ’n bietjie gespanne. Niemand het hom nog vertel dat amnestie aan hom verleen is nie.” Die arme kalkoen het genoeg rede gehad om gespanne te…

Vaarwel

My oupa het geweier om die woord ‘vaarwel’ (goodbye) te sê wanneer hy ons gegroet het. Hy het gevoel die woord is so finaal. Wanneer die familie by hom gekuier het en wegry, het hy altyd in sy tuintjie, voor sy groen varings gestaan, met sy hand gewaai en uitgeroep: ‘Tot siens’ (so long!) . As gelowiges hoef ons nooit…

gewig optel

Eendag het ek gesien hoedat my seuntjie probeer om staafgewigte van ongeveer twee kilogram bo sy kop uit te stoot, iets baie moeilik en onmoontlik vir ’n kleuter. Hy kon hulle slegs ’n paar sentimeter van die grond af oplig en sy gesiggie was rooi van inspanning. Ek het aangebied om hom te help, en saam het ons die gewigte…

Jupiter Het Geval

Ek het eendag vir my seunjie ’n goedkoop model van die hemelruim gekoop. Om dit op te stel, moes elke planeet aan die plafon vasgeheg word. Ek moes verskeie kere neerbuk en dan weer na bo uitstrek om die planete vas te heg. Spoedig het ek moeg en duiselig geword. ’n Paar uur later het ons ’n slag gehoor. Dit…

Omdat

Eendag het my kleuter onverwags uitgeroep: “Mamma, ek is lief vir jou!” Ek was nuuskierig waarom ’n driejarige kindjie so sou optree en vra toe waarom hy my lief het. “Omdat Mamma saam met my met my motortjies speel.” Toe ek hom vra of daar enige ander rede is, sê hy: “Nee.” Sy antwoord het my laat glimlag, maar dit…

Die Wyse Mier

Elke jaar doen ek iets spesiaal wanneer lente aanbreek. Ek koop miergif. Daardie klein oortreders marsjeer voortdurend ons kombuis binne op soek na ’n krummel of iets anders wat op die vloer lê. Hulle is nie kieskeurig nie. Óf dit nou ’n stukkie artappel, ’n ryskorrel óf slegs ’n stukkie kaas is, hulle geniet dit. Alhoewel miere ’n regte ergenis…

Praat Sag; Praat Stadig

John Wayne, bekende en beroemde Amerikaanse akteur wat in baie films gespeel het, het eenmaal gesê: “Praat sag, praat stadig en moenie te veel sê nie.” Sy advies is vir my moeilik en ek sukkel om dit te doen, want ek praat vinnig en nie altyd sag nie. Ek beperk nie my woorde nie. Nogtans kan hierdie advies om jou…

die oorstroming

Uitgelate uitroepe het van buite af in ons huis weerklink en ek het gewonder wat daar buite aangaan. Toe ek deur die gordyne na buite geloer het, het ek gesien hoedat twee jong seuns te heerlik speel in die dik stroom water wat uit ’n brandkraan spuit. Die watervloed het my daaraan laat dink hoe die Here sy kinders seën…