Month: Oktober 2019

heeltemal skoon

Veels geluk liewe maatjie ... veels geluk liewe maatjie ... veels geluk liewe maatjie omdat jy verjaar ... verjaar ... Veels gelu ... Nadat ek hierdie verjaarsdagliedjie twee keer deurgesing het, het ek die kraan toegedraai. Dit word glo gesê dat as ’n mens daardie liedjie twee keer deursing terwyl jy jou hande was (omtrent 20 sekondes), kan jy van…

verklaring van onafhanklikheid

Ouers is bly en dankbaar wanneer kinders leer om dinge op hulle eie te doen: soos om self aan te trek, tande te borsel, hulle skoenrieme vas te maak, ’n fiets te ry en self skool toe te loop. As volwassenes hou ons daarvan om ons eie pad te loop, ons eie besluite te neem, in ons eie huis te…

bedrieglike gifplante

In ons tuin groei baie giftige plante. Dit het ek op die moeilike manier geleer. Alhoewel ek baie versigtig is, het ek tog met so ’n plant in aanraking gekom en dit het gelei tot ’n vreeslike gejeuk en ’n lastige uitslag. Hierdie gifplant lyk net soos ander onskadelike plante en groei welig tussen plante en struike. Een tuinier kon…

om oor die weg te kom

Ek kan nog goed onthou hoe moeilik dit destyds was, wanneer ons as familie met vakansie gegaan het, met die kinders agter in die motor. Die vreugde is bederf deur die gestry agterin en die klagtes wat gedurig opgegaan het. Wie onthou nie die ontstellende gekla: “Pa sy het my gestamp!” of “Ma, hy wil my nie ’n beurt gee…

eerste indrukke

’n Tyd gelede het ek ’n dagstukkie vir Ons Daaglikse Brood geskrywe waarin ek vertel het van ’n jong dame wat ek in ’n winkelsentrum gesien het. Sy het ’n T-hempie waarop die woorde Love is for Losers aangehad, en ek het opgemerk wat ’n treurige boodskap dit uitdra. Tot my verbasing het een van ons lesers die situasie anders…

om van bome te leer

Aan die Stille Oseaan kus van NoordAmerika is daar reuse Redwood bome. Die hoogste op rekord, Hyperion, reik tot meer as 100 meter in die lug. Gedurende ’n besoek wat ek aan Kalifornië se Muir Woods nasionale Park gebring het, was ek regtig oorweldig deur die reusagtigheid van hierdie bome. Bome so hoog soos ’n gebou van 30 verdiepings het…

kamer van veiligheid

In sommige huise het inwoners ’n veilige kamer gebou – ’n vertrek waar hulle skuiling kan vind in geval van inbrake en stormweer. In Spreuke 18 vers 10 herinner Salomo God se volk daaraan dat die Here vir hulle ’n “veilige vesting” is, die plek waar hulle skuiling kan vind in geval van gevaar. In Hom kan hulle volkome sekuriteit…

goed-gekose Woorde

As kind het ek ’n moeilike Engelse woord antidisestablishmentarianism aangeleer. Voorwaar ’n mondvol! Onlangs het ek die betekenis opgekyk. Die woordeboek sê dis die “politieke houding wat die terugtrekking van staatserkenning van ’n gevestigde kerk opponeer”. Nie ek of my skoolmaats het geweet wat dit beteken nie, maar deur die woord te gebruik het ek belangrik gevoel, soos iemand wat…

opgaar of help?

Gedurende Augustus 1914, toe Brittanje tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, was Oswald Chambers 40 jaar oud met ’n vrou en ’n dogtertjie. Dit was nie lank nie of 30,000 mans per dag het by die leër aangesluit. Mense is gevra om hulle voertuie en perde aan die regering te verkoop en lyste van persone wat in die gevegte gesterf…

steeds aan die gang

As dit by entoesiasme en energie kom, kan niks of niemand die Diensvennote van RBC, die uitgewers van Ons Daaglikse Brood, oortref nie. RBC het ’n vrywillige program wat Service Partners genoem word, en dit bied persone die geleentheid om hulle tyd en bekwaamhede aan te bied en ons te help om ons roeping en taak te vervul, naamlik om,…