In ons tuin groei baie giftige plante. Dit het ek op die moeilike manier geleer. Alhoewel ek baie versigtig is, het ek tog met so ’n plant in aanraking gekom en dit het gelei tot ’n vreeslike gejeuk en ’n lastige uitslag. Hierdie gifplant lyk net soos ander onskadelike plante en groei welig tussen plante en struike. Een tuinier kon nie verstaan waarom hierdie gifplante tussen haar rose opgeskiet het nie, veral nadat sy die rose gesnoei het. Toe het sy ontdek dat die giftige plant die goeie sorg wat sy aan haar rose gee, misbruik. Sommige mense is soos gifplante. Hulle lyk onskadelik en kom so goed met ander oor die weg, ander wat, soos rose, kleurvol en geurig is. Simon die towenaar is ’n tipiese voorbeeld. Hy het die diaken Filippus gevolg, is later gedoop en toe vra hy of hy die vermoë om mense die hande op te lê sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang, vir geld kan koop. Toe Petrus hiervan hoor, was hy diep ontsteld (Hand. 8:22). Somtyds gebruik gewetenlose mense die gunstige klimaat in ’n gemeente om hulle selfsugtige doel te bereik. Soos gifplante tussen rose, veroorsaak hulle chaos. Net soos Simon die towenaar, moet so iemand skuld bely en almal in die gemeente moet van daardie persoon af wegbly totdat hy berou getoon het. Persone wat soos Christene lyk, mag mooi voorkom, maar hulle “vrugte” is giftig. Vermy hulle!