As dit by entoesiasme en energie kom, kan niks of niemand die Diensvennote van RBC, die uitgewers van Ons Daaglikse Brood, oortref nie. RBC het ’n vrywillige program wat Service Partners genoem word, en dit bied persone die geleentheid om hulle tyd en bekwaamhede aan te bied en ons te help om ons roeping en taak te vervul, naamlik om, die “lewegewende wyshede van die Bybel vir almal verstaanbaar en bekombaar te maak.” Sommige van ons helpers is lankal by die aftree-ouderdom verby. Ten spyte van pyne, en die beperkinge wat ouderdom op hulle plaas, daag hulle gereeld op en dien met blymoedigheid net waar hulle dienste nodig mag wees. Gedurende 2009 het ons vasgestel dat hierdie helpers deur die jare heen 100,000 ure diens gelewer het. Hulle hou net aan en aan soos die pienk konyntjie wat die batterye adverteer. Hulle voorbeeld herinner ons daaraan dat daar nie ’n tyd is wanneer ons nie meer bruikbaar kan wees nie. Die Bybel bepaal nie ’n aftree-ouderdom vir gelowiges nie. Maar daar is wel ’n einddoel vir ons taak op aarde. Paulus sê die taak van pastore en leraars is om “die gelowiges toe te rus vir hulle diens” (Efesiers 4:12). En daardie “bediening” wat die taak van alle gelowiges is, lei tot “’n volgroeide mens … so volmaak en volwasse soos Christus” (Efesiërs 4:13). Hierdie taak behoort ons lewenslank aan die gang te hou.