Gedurende Augustus 1914, toe Brittanje tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, was Oswald Chambers 40 jaar oud met ’n vrou en ’n dogtertjie. Dit was nie lank nie of 30,000 mans per dag het by die leër aangesluit. Mense is gevra om hulle voertuie en perde aan die regering te verkoop en lyste van persone wat in die gevegte gesterf het, is daagliks in koerante aangedui. Die volk het ’n ekonomiese krisis in die gesig gestaar. ’n Maand nadat die oorlog begin het, het Chambers oor die geestelike uitdaging wat die oorlog aan Christene gebied het, gepraat. “Ons moet waak daarteen dat die huidige probleme ons van die Here afsny, dat ons die eise wat aan ons gestel word ignoreer en onsself opsluit in ’n wêreld van ons eie, dat ons die eise wat ons Here en ons medemens aan ons stel, ignoreer en dat ons nalaat om voorbidding te doen en gasvryheid en hulp te bied”. God se oproep aan sy kinders is deur alle eeue heen dieselfde: “As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag” (Jesaja 58:10). Vrees lei daartoe dat ons vasgryp wat ons het, maar geloof in God lei daartoe dat ons ons harte en hande vir ander oopmaak. Ons wandel in sy lig wanneer ons ander help en nie net vir onsself opgaar nie.