Kategorie  |  Uncategorized

’n moeilike totsiens

Toe ons jongste seun by die weermag aangesluit het, het ons geweet dat baie moeilike uitdagings vir ons almal voorlê. Ons het geweet dat daar gevaar sou wees en dat hy fisies, emosioneel en geestelik getoets sou word. Ons het ook besef dat ons huis nooit weer regtig sy woonplek sou wees nie. In die maande voor sy vertrek het…

Om die woord oor te dra

Jerry McMorris het 50 jaar gelede, toe hy nog ’n student aan die Universiteit van Chicago was, begin om die Wall Street Journal te lees. Hy het daardie publikasie so waardeer en omdat hy ’n besondere liefde vir sy alma mater gehad het, het hy vir honderde studente op die Wall Street Journal ingeteken. Hy het aan die Colorado Springs…

Onnadenkende gebed

Somtyds is ek skaam oor my gebede. Ek gebruik allerhande bekende woorde wat eintlik nie regtig betekenis het nie. Ek dink nie wat ek bid nie en daar is nie wedersydse interaksie nie. Een frase wat dikwels voorkom is, “Here, wees by my,” en God het immers reeds belowe dat Hy altyd by my sal wees en my nie sal…

Deur ’n goeie Vriend gewek

’n Paar jaar gelede moes ek toetse vir moontlike kanker ondergaan. Ek was baie gespanne oor wat die bevinding sou wees. My spanning is vererger deur die feit dat die personeel, hoewel goed opgelei, almal vir my vreemdelinge was, mense wat geen verhouding met my gehad het nie. Toe ek bygekom het na die toetse gedoen is, het ek meteens…

Om gped te Doen

Iemand het eendag opgemerk: “Die goeie wat jy vandag doen, sal môre vergeet word, maar doen nogtans goed.” Ek hou van daardie opmerking. Dit herinner my aan wat Lukas in die boek Handelinge oor Jesus se aardse bediening gesê het: “Hy het rondgegaan [en] oral goeie werke gedoen” (Lukas 10:38). Wat beteken dit as die Bybel ons beveel om “goed”…

“Free 4 All”

In ’n poging om gesinne in ons omgewing wat in hierdie moeilike tye in nood verkeer en nie vir hulle afhanklikes kan sorg nie, by te staan, het ons kerk ’n program begin wat Free 4 All genoem word. Ons bring almal gebruikte items wat nog in goeie kondisie is na die kerk en dan kan behoeftiges in ons gemeenskap…

Jupiter Het Geval

Ek het eendag vir my seunjie ’n goedkoop model van die hemelruim gekoop. Om dit op te stel, moes elke planeet aan die plafon vasgeheg word. Ek moes verskeie kere neerbuk en dan weer na bo uitstrek om die planete vas te heg. Spoedig het ek moeg en duiselig geword. ’n Paar uur later het ons ’n slag gehoor. Dit…

Die Goeie Lewe

Filosowe spekuleer: “Wat is die goeie lewe en wie besit dit?” Ek dink dadelik aan my goeie vriend Roy. Roy was ’n stille, nederige man wat nooit eer of erkenning gesoek het nie. Hy het alles in sy lewe aan die goeie Vader oorgelaat en hy het al sy tyd daaraan bestee om die wil van die Vader te doen.…

Uit Liefde Vir God

’n Paar jaar gelede is daar in ons gemeente ’n reeks dienste oor die Ou Testamentiese Tabernakel aangebied. Voordat ons die gedeelte oor die toonbrode behandel het, het ek iets gedoen wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie. Ek het vir ’n paar dae gevas. Ek het dit gedoen omdat ek wou ondervind wat die Bybel sê naamlik “dat…

Omkopery

Toe my man in ’n vreemde land gereis het, het hy gesien dat daar baie slaggate in die paaie is. Toe hy daaroor uitgevra het, het die bestuurder gesê dat dit veroorsaak word deur die bande van voertuie wat onwettige vragte wat oorgewig is, vervoer. Indien die verkeerspolisie hulle voorkeer, word omkoopgeld betaal en dan word hulle nie beboet nie.…