Ted, een van die ouderlinge in ons gemeente, was voorheen ’n offisier in die polisie. Eendag is hy uitgeroep na ’n geweldadige aanranding en toe hy daar kom, het die situasie lewensgevaarlik geword. ’n Man het iemand met ’n mes gesteek en toe het hy Ted aangeval. ’n Ander offisier het daar aangekom,’n skoot afgevuur. Ongelukkig het hy die krimineel misgeskiet, maar Ted is in die kruisvuur gewond. Toe hy in ’n ambulans na die hospitaal vervoer is, het hy ’n wonderlike vrede en kalmte van die Heilige Gees beleef, meer selfs as die offisier by hom, wat diep ontsteld was as gevolg van die traumatiese gebeure. Die Here Jesus het ons sy vrede tydens krisisse beloof. Kort voordat Hy gekruisig is, het Hy nog sy dissipels getroos en met die volgende woorde bemoedig: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Johannes 14:27). Wat is jou grootste vrees? Indien jy dit moet hanteer, sal Christus daar wees vir jou. Deur Hom te vertrou en deur gebed sal “die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan … oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filip. 4:7). Moet dus nie vrees nie, vertrou net.