Month: Junie 2020

Kortliks

Ek het eenmaal Abraham Lincoln se Gettysburg toespraak nagegaan en agtergekom dat dit minder as 300 woorde bevat het. Dit beteken onder andere dat woorde nie baie hoef te wees om gedenkwaardig te wees nie. Dis een rede waarom ek so baie van Psalm 117 hou. Dis kort en kragtig. Die psalmdigter het alles wat hy wou sê in slegs…

Gered

Na die ontsettende aardbewing wat Haiti in Januarie 2010 getref het, is al die tonele van verwoesting en dood soms opnuut onder die aandag gebring wanneer iemand lewend uit die puin gered is, ja, selfs nadat alle hoop reeds laat vaar is. Verligting, dankbaarheid en trane is gevolg deur diepe waardering teenoor diegene wat dag en nag geswoeg het en…

Wees Gefokus

Ek geniet dit om gholf te speel en kyk soms na videos wat wenke verstrek. Een video waarna ek gekyk het, het my egter baie teleurgestel. Die aanbieder het ’n gholfswaai gedemonstreer wat ten minste agt stappe gehad het en elke stap het nog verskillende onderafdelings gehad. Dit was eenvoudig net te veel inligting. Alhoewel ek nie juis ’n goeie…

Ware Rykdom

Geld besit groot mag en ons werk hard daarvoor, spandeer dit, gebruik dit om al ons aardse begeertes te bevredig en wens dan dat ons nog meer het. Omdat Jesus bewus was van hierdie gevaar, het Hy meer oor geld en besittings geleer as oor enige ander onderwerp. En sover as wat ons weet, het Hy nooit ’n kollekte vir…

Pa Se Hoed

Te midde van opwinding en vreugde was daar ook tragedie en hartseer. Dit was tydens die opening van die 1992 somer Olimpiese Spele in Barselona. Terwyl die spanne een vir een die stadium binnegekom het, is hulle luid deur die 65,000 toeskouers toegejuig. Maar in een afdeling van die Olimpiese Stadion was daar skok en hartseer, want Peter Karnaugh, pa…

Moet Ek Regtig Levitikus Lees?

"Should I really read Leviticus?" A man asked me as we talked about the importance of the Bible. "The Old Testament is so boring and uninteresting." There are many Christians who feel that way. The answer is that the Old Testament and also Leviticus give important information that helps us to understand the New Testament better. As Isaiah challenges us…

Onderworpe Aan God

Elke ouer ken die verskil tussen reëls wat met die welsyn van die kind voor oë opgestel is en dié wat ter wille van die ouer daar is. God se reëls is hoofsaaklik daargestel ter wille van die kind. As Skepper van die menslike ras weet God wat die beste vir die menslike samelewing is. Ek het in ’n stadium…

Jou Geestelike Pyplyn

Die Trans-Alaska pyplyn strek byna 2000 kilometers deur Alaska. Omdat dit gebou is in ’n area waar baie aardbewings plaasvind, moes die ingenieurs seker maak dat die pyplyn die druk sou kon weerstaan. Hulle het besluit om ’n netwerk van Teflon skuifblokke, wat spesiaal daarvoor ontwerp is, te gebruik sodat die skok as gevolg van aardskuddings verminder sou word. Ingenieurs…

Gebroke Verhoudings

Ek het vanaf my balkon toegekyk hoe ’n 20 verdieping gebou afgebreek word. Dit het slegs ’n week geneem om die hele gebou te sloop. ’n Nuwe gebou word nou opgerig en dis al maande vandat begin is en steeds duur die werk voort, ten spyte van die feit dat daar saans en naweke ook gewerk word. Dis beslis baie…

’n Koninklike Huwelik

Huwelike is al vir baie jare die geleentheid vir groot oordadigheid. Moderne huwelike bied jong vroue die kans om hulle te verbeel dat hulle vir een dag ’n “prinses” is. ’n Pragtige bruidstabberd, ’n besondere haarstyl, bruidsmeisies en strooijonkers, kleurvolle ruikers en heerlike eetgoed, familie en vriende – ja, dit alles dra by tot ’n besondere en onvergeetlike geleentheid. Baie…