Kategorie  |  Uncategorized

Waar’s Johnny se pet?

Dit word vertel van ’n gesin wat ’n piekniek by ’n meer gehou het. Op een stadium het hulle vyfjarige seun in die water ingegaan, in ’n diep gat getrap en uit die gesig verdwyn. Nie een van die volwassenes kon swem nie en desperaat het hulle heen en weer gehardloop, terwyl die seuntjie wanhopig gespartel en geskreeu het. Op…

Die bron van impak

Die Nobelprys word jaarliks toegeken aan persone wat op een of ander terrein ’n besondere impak gemaak het. Leiers op die terrein van die ekonomie, geneeskunde, literatuur en bevordering van vrede word geëer vir wat hulle gedoen het en hulle bydraes tot die samelewing. Wanneer iemand die Nobelprys ontvang, is dit die finale beklemtoning en bevestiging van jare se opleiding,…

Sebra’s en wildebeesteSebra’s en wildebeeste

Nadat ons vliegtuig op die gruis vliegveld geland het, het Jay en ek uitgeklim en die wêreld van die Masai Mara in Kenia betree. ’n Masai krygsman met die naam Sammy het ons ontmoet, ons bagasie op ’n jeep gelaai en ons na die kamp geneem waar ons die volgende twee dae sou deurbring. Langs die pad het ons stilgehou…

Om vir die opposisie te bid

Terwyl ek nog ’n eerstejaarstudent op universiteit was, het ek reeds begin om vir die Here te getuig. Vanselfsprekend het my nuwe gewoonte sommige persone nie aangestaan nie. Toe ek ’n sosiale funksie bygewoon het waar verskeie van my voormalige hoërskool maats teenwoordig was, het dit duidelik geword. ’n Jong dame teenoor wie ek getuig het, het gelag toe ek…

Taai en delikaat

“Enige dwaas kan ’n rusie begin” (Spreuke 20:3). “Die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet” (Spreuke 10:7). “Wie hom nie laat teregwys nie, is ’n dom mens” (Spreuke 12:1). Is dit reg dat God se Woord mense dwaas, dom en ’n huigelaar (Spr. 10:18) noem? Is God dan nie ’n liefdevolle God nie? Ja, beslis, God is…

Resep vir sukses

Neuse wat opgetrek is en saam geperste lippe – dikwels is dit my familie se reaksie wanneer ek kook en ’n nuwe resep uitprobeer. Onlangs het ek egter ’n deurbraak gemaak toe ek ’n nuwe resep vir makaroni en kaas probeer het. Ek het al die bestandele neergeskryf, ook die metode, sodat ek dit in die toekoms weer kan gebruik.…

Leef nederig

Dwight L Moody, het gesê: “Wanneer ’n man dink dat hy sterk is en baie selfvertroue het, kan jy maar seker wees dat hy tot ’n val sal kom. Dit mag jare wees voordat dit gebeur en aan die lig kom, maar dit het alreeds begin.” Dis presies wat met koning Ussia gebeur het. Oënskynlik het alles so goed gegaan.…

Klein dingetjies

’n Nuwe program vir mediese studente in New York, wat besig is om te studeer hoe om geriatrie (probleme insake ouderdom) te hanteer, bied aan hulle unieke, nuwe moontlikhede. Hulle word vir 10 dae in verpleeginrigtings opgeneem, sodat hulle kan leer van die probleme waarmee pasiënte te kampe het, hoe om rolstoele te hanteer, om pasiënte in die bed op…

Verandering van rigting

Die Geheime Diens van die VSA het in 1865 tot stand gekom. Wat was hulle doel? Om alle vervalsers aan te keer en sodoende die dollar te probeer beskerm en ook Amerika se nasionale ekonomie. Hierdie besondere groep, wat die wet moes handhaaf, het in 1902 ’n nuwe rigting ingeslaan. Hulle het bekend geword as die beskermers van die President…

Voorbereiding en verwagting

Toe ons kinders nog jonk was, het ons die Adventstyd (die vier weke voor Kersfees) deurgebring deur elke aand na ete ’n blomkransie te maak en kerse aan te steek. Ons het ’n Kerslied gesing,’n kort gedeelte uit die Bybel oor die geboorte van Christus gelees en so ons harte vir die groot gebeure van Kersfees voorberei. Maar die Adventstyd…