Johannes, die belangrike apostel, die een vir wie Jesus lief was, was in trane. Toe hy op die eiland Patmos gevangene was, het hy ’n visoen gesien (Openbaring 5:112). Hy het Homself in God se troonkamer bevind en toekomstige gebeure is aan hom geopenbaar. Hy het ’n verseëlde boekrol gesien en gehuil omdat al het hy die heerlikhede van God se teenwoordigheid beleef, was daar niemand wat die krag gehad het om die boekrol oop te maak en die finale openbaring van die geskiedenis bekend te maak nie. As apostel het Johannes gesien wat die krag van sonde in die wêreld was. Hy het Jesus se lewe en dood beleef en hoedat Hy na die hemel toe opgevaar het. Maar nou was hy vreesbevange omdat daar niemand gevind is wat waardig was om die boekrol oop te maak en sodoende die sonde finaal te vernietig nie (Openbaring 5:4). Stel jou voor wat daarna gebeur het. ’n Ouderling het na Johannes gekom en na Iemand gewys met wie hy bekend was. Hy sê toe: “Kyk, die Leeu uit die stam van Juda” (vs. 5). Johannes het gekyk en Jesus gesien – die enigste Een wat mag het om die boekrol te neem, die seëls oop te maak en die verhaal so te beëindig. Gou was Johannes se trane weg en miljoene engele het gekom en met blydskap geproklameer: “Die Lam wat geslag was, is waardig!” (vs. 12). Is jy tans in trane? Kyk na die Vriend van Johannes – Jesus. Hy is waardig. Laat alles aan Hom oor.