Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by anelenkosi

Ons Sal Nie Breek Nie

As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, wat buig onder die swaar…

oordenkings

’n Tydjie gelede het ek ’n besondere mylpaal bereik. Dit was 20 jaar sedert ek begin het om ’n geestelike joernaal saam te stel. Toe ek my eerste inskrywings herlees het, was ek verbaas dat ek dit vir soveel jare volgehou het. Maar nou sou niks my daartoe bring om dit te staak nie. Hier volg ’n paar voordele wat…

nooit te besig

Universiteitstudente huur ’n huis van my suster en haar man. Een nag het ’n dief probeer inbreek. Die jong dame wat daar woon, het dadelik die polisie geskakel en hulle vertel dat ’n inbraak aan die gang was. Die persoon wat die foon beantwoord het, het gesê: “Jy sal maar môreoggend moet skakel. Ons is op die oomblik te besig.”…

advent temas

Ek glo dat alles in die Bybel verband hou en dat alles belangrik is. Ek was nogal verbaas toe ek die Skriflesing in die November uitgawe van my dagboek (’n gedeelte uit 1 Petrus) gelees het en gesien het dat Petrus al vier temas rondom die wederkoms (die Advent) aanraak. Dis die tydperk op die Christelike kalender wanneer Christene die…

die kern van die probleem

As kind was Tom Terrific een van my geliefkoosde televisieprogramme. Wanneer Tom ’n krisis in die gesig gestaar het, het hy sy dinkhoed opgesit en die saak saam met sy wonderhond, Mighty Manfred, oordink. Gewoonlik het al die probleme by Tom se aartsvyand Crabby Appleton, begin. Vandag kan ek nog onthou hoe hierdie skurk beskryf is. Hy was Crabby Appleton,…

ses woorde van salomo

Die tydskrif Smith, ’n aanlyn groep op internet, “vier die heerlikheid van stories te vertel” en vra lesers om memoirs van ses woorde, wat hulle lewens beskryf, in te stuur. Duisende het reageer en hulle biografië bestaande uit ses woorde, ingestuur. Party was lighartig soos “Goeie vrou, goeie seuns – ek’s ryk” en dan die hartseer een “Sestig. Nog nie…

’n ope boek

Omdat ek ’n skrywer is, gebeur dit soms dat ’n vriend aan my sê: “Ek wil ook eendag ’n boek skrywe.” “Dis ’n wonderlike idee” antwoord ek. “Ek hoop van harte jy kry dit reg. Maar weet jy, dis beter om een te wees, as om een te skryf.” Dit laat my aan Paulus se woorde dink: “Julle is self…

Vryheid in alcatraz

Toe ek die federale gevangenis op die Alcatraz eiland besoek het, het ek onvergeetlike indrukke beleef. Toe ons toerboot die ankerplek genader het, kon ek sien waarom hierdie tronk, wat nou gesluit is, eens bekend was as The Rock. Later toe ek in die legendariese Big House gestaan het, het ek gestaar na die skrefies lig wat deur die getraliede…

Bewyse van agteruitgang

In sy preek getitel Wat is die rede waarom agteruitgang plaasvind? sê pastoor John Piper dat God sy eie doelstellings het wanneer Hy die ekonomie laat agteruitgaan en resessie intree. Hy gee die volgende moontlike redes aan die hand. 1. Om sonde oop te vlek en ons almal tot berou en bekering te bring. 2. Om ons attent te maak…

agter Die geopende gordyn

Pastoor en skrywer Erwin Lutzer skryf: “Een minuut nadat jy agter die geopende gordyn inbeweeg het, sal jy òf die wonderlike verwelkoming van Jesus beleef, òf jou eerste aanblik van die diepste duisternis wat jy nog ooit beleef het, ondervind. Hoe dit ook al sy, jou toekoms sal eens en vir altyd finaal en onveranderlik wees.” Lukas vertel van twee…