’n kwessie van perspektief
Een van my geliefkoosde stories is oor die boer van Texas wat ’n boer in Duitsland met landbou inligting bedien het. Hy het die Duitse boer gevra hoe groot sy grond is en die boer het geantwoord: “Ongeveer ’n vierkante myl.” Toe het die Duitser aan die boer uit Texas gevra hoe groot sy grond is. Hy verduidelik toe dat…
’n droom van vergete antwoorde
’n Vriend van my het ’n lonende betrekking bedank om sy volwasse seun wat ernstig in ’n motorongeluk beseer is, te versorg. In daardie selfde jaar het die vrou met wie hy 30 jaar getroud was, ’n terminale siekte opgedoen en gesterwe. Hy sê dat hy sedert daardie dag geen antwoorde het as sy seun vir hom vra waarom dit…
sjokolade aangedrewe voertuig
Baie mense hou van sjokolade en geniet die soetheid en ook die energie wat hulle daaruit kry. Maar nou het Britse tegnici wat met motors werk, ontdek dat dit as brandstof gebruik kan word. Wetenskaplikes aan die Universiteit van Warwick het ’n resiesmotor gebou wat groente-olies en sjokolade as brandstof gebruik. Hierdie brandstof verskaf soveel energie dat die motor ’n…
’n helder uitsig
Die Gran Telescopio Canarias, is een van die wêreld se sterkste teleskope. Dit is bo-op ’n uitgewerkte orkaan in La Palma, op die Kanariese eilande, geleë. Koning Carlos van Spanje het dit in 2009 ingehuldig en dit bied aan sterrekundiges ’n besondere duidelike uitsig op die hemele. Dis 7,870 voet bo seespieël en die teleskoop is bokant die wolke waar…
die oorstroming
Uitgelate uitroepe het van buite af in ons huis weerklink en ek het gewonder wat daar buite aangaan. Toe ek deur die gordyne na buite geloer het, het ek gesien hoedat twee jong seuns te heerlik speel in die dik stroom water wat uit ’n brandkraan spuit. Die watervloed het my daaraan laat dink hoe die Here sy kinders seën…
die vyf minute wet
Ek het gelees van ’n ma wat ’n vyf minute wet vir haar kinders gehad het. Hulle moes elke dag vyf minute voor die tyd byeenkom en gereed wees om skool toe te gaan. Hulle moes om hulle ma vergader en dan het sy vir elkeen van hulle by name gebid en die Here gevra om hulle die dag te…
is ons al daar?
Indien daar iets soos ’n universële vraag is, mag dit moontlik die volgende wees: Is ons al daar? Geslagte kinders en jongmense het dit al gevra. Hulle het volwassenes geword en steeds dieselfde vraag gestel en hulle moet op hulle beurt weer die vraag beantwoord wanneer hulle kinders dit vra. Wanneer ek die boeke van Moses lees, wonder ek hoeveel…
klein dingetjies
Andreas was skepties oor die seuntjie se klein middagete van vyf broodjies en twee vissies. Hy sê aan Jesus: “Wat is dit (die vyf brode en twee vissies) vir so baie mense?” (Johannes 6:9). En tog het die klein maaltyd in Jesus se hande ’n groot seën geword en baie mense gevoed. Voordat jy dink dat jy niks het om…
om onsself te vergeet
Ek was verlede somer besig om forelle in ’n nabye rivier te vang toe my aandag getrek is deur ’n vis wat daar naby doenig was. Ek het opgekyk na die vis en toe het ek op die wal ’n bekende persoon raakgesien –’n visterman wat landwyd bekend was as ’n gids vir forelvistermanne. Toe ek Dave Tucker sien, het…
god se flenniebord
In hierdie tydperk waar videotegnologie beskikbaar is, is dit moeilik om te glo dat baie onderwysers steeds ’n flenniebord gebruik om Bybelstories aan die kinders oor te dra. Ek onthou hoedat my Sondagskoolonderwysers daardie plat aanplakborde gebruik het waarop hulle prente van David, Daniël, Jona, Jesus en ander karakters kon vasheg. Hierdie borde het die onderwysers gehelp om die inhoud…