Month: Oktober 2020

Verrassing!

’n Skrywer vir die Washington Post het ’n eksperiment gedoen om die mens se waarneming te toets. Hy het een dag in Januarie ’n beroemde violis gevra om anoniem by ’n spoorwegstasie in die hoofstad op te tree. Duisende mense het daar verbygestap terwyl hy gespeel het en ’n paar het gaan staan om te luister. Na 45 minute was…

Vader van Leuens

Satan se heerskappy oor die mensdom het begin toe hy Adam en Eva se verstand en denke teen God gedraai het. Om dit te kon doen, moes hy ’n leuen oor God vertel – en hulle moes daarvoor val. In daardie krisisoomblik het hy vir hulle gelieg oor God se goedheid, sy Woord en sy planne en hulle het hom…

Die regte BestanddeLe

Alhoewel my kookkuns nie juis noemenswaardig is nie, probeer ek tog soms om ’n koek te bak deur voorafgemengde bestanddele, wat in winkels aangebied word te koop, en dan eiers, kookolie en water by te voeg. Die mengsel word dan goed geroer. Maar om ’n smaaklike koek te bak is dit belangrik dat die regte bestanddele in die regte hoeveelhede…

waarom ek?

Onlangs het ek weer Psalm 131 gelees. Dit is een van my geliefkoosde psalms en in die verlede het ek dit as bemoedigend beskou en ’n hulp om my te laat verstaan dat geheimenis een van die karaktertrekke van God is. Dit het my uitgedaag om tot ruste te kom en te aanvaar dat ek nooit alles sal kan verstaan…

geen verdraagsaamheid

Toe Shayla McKnight vir ’n pos by ’n drukkery aansoek gedoen het, was sy baie verbaas om te hoor dat hulle ’n geen verdraagsaamheid beleid ten opsigte van skinder gehad het. Die werkers is aangemoedig om liewer met mekaar te praat, in plaas van oor mekaar te skinder. Indien werknemers betrap word dat hulle van ander skinder, is hulle aangespreek…

goddelike afsprake

Was jy al op ’n lughawe gestrand vanweë vertragings in vlugte? En dit in ’n stad waar jy nie die taal kan praat of verstaan nie en duisende kilometers van jou huis af? Dit het onlangs met ’n vriend gebeur. Ons kan beslis iets uit sy optrede leer. Die meeste van ons sou so ’n situasie ondraaglik en irriterend vind,…

Verdiende Loon

Vir byna ’n jaar het ’n vorige kollega in vrees gelewe dat hy sy betrekking sou verloor. ’n Nuwe bestuurder het allerhande negatiewe kommentare in sy persoonlike leër aangeteken. En toe, op ’n dag toe my vriend verwag het dat hy afgedank sou word, het die nuwe bestuurder sy pos verloor en is hy afgedank. Toe die Israeliete as gevangenes…

in modder Vasgeval

Jeremia is al by geleentheid die “treurende profeet” genoem. Hy het waarskynlik ’n sensitiewe natuur gehad en was melankolies ingestel. Hierdie feit, tesame met sy hartseer oor God se oordeel oor die volk Israel, het daartoe bygedra. Die omvang van sy hartseer is verbasend: “Ag, was my kop maar vol water en my oë ’n fontein met trane, dan sou…

Hy beskerm my goed

Gedurende die stille oomblikke voordat die erediens ’n aanvang sou neem, het die orreliste ’n lied gespeel wat vir my onbekend was. Ek het in my liedboek gekyk en die woorde van die titel gelees: “The Lord My Shepherd Guards Me Well.” Ek het toe besef dat dit ’n pragtige parafrase van Psalm 23 is. Die woorde in Engels lui…

Vaarwel

My oupa het geweier om die woord ‘vaarwel’ (goodbye) te sê wanneer hy ons gegroet het. Hy het gevoel die woord is so finaal. Wanneer die familie by hom gekuier het en wegry, het hy altyd in sy tuintjie, voor sy groen varings gestaan, met sy hand gewaai en uitgeroep: ‘Tot siens’ (so long!) . As gelowiges hoef ons nooit…