Gedurende die stille oomblikke voordat die erediens ’n aanvang sou neem, het die orreliste ’n lied gespeel wat vir my onbekend was. Ek het in my liedboek gekyk en die woorde van die titel gelees: “The Lord My Shepherd Guards Me Well.” Ek het toe besef dat dit ’n pragtige parafrase van Psalm 23 is. Die woorde in Engels lui so: The Lord my Shepherd guards me well, / And all my wants are fed: / Amid green pastures made to lie, / Beside still waters led. / My careworn soul grows strong and whole / When God’s true path I tread. Maak nie saak hoeveel keer ons Psalm 23 lees nie, dit het altyd ’n nuwe boodskap van God vir ons. Dit gaan so voort: Though I should walk in darkest ways / Through valleys like the grave, / No evil shall I ever fear; / Your presence makes me brave. / On my behalf Your rod and staff / Assure me you will save. (©Hope Publishing Co.) Die beeld van die Herder was bekend aan die mense wat na Jesus geluister en gehoor het Hy sê: “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Johannes 10:11). Anders as ’n gehuurde kneg wat sal weghardloop wanneer gevaar dreig, sal die ware herder by die skape bly om hulle te beskerm. “’n Huurling is geen herder nie … as hy ’n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg … Ek is die goeie herder. Ek ken my skape en my skape ken My” (Joh. 10:12-14). Maak nie saak wat jy vandag in die gesig staar nie, watter onheil dreig, Jesus ken jou naam, Hy weet die gevaar waarin jy verkeer en Hy sal jou nie verlaat nie. Jy kan met sekerheid verklaar: “Die Here my God sorg vir my.”