My oupa het geweier om die woord ‘vaarwel’ (goodbye) te sê wanneer hy ons gegroet het. Hy het gevoel die woord is so finaal. Wanneer die familie by hom gekuier het en wegry, het hy altyd in sy tuintjie, voor sy groen varings gestaan, met sy hand gewaai en uitgeroep: ‘Tot siens’ (so long!) . As gelowiges hoef ons nooit vir diegene wat ons liefhet “vaarwel” te sê nie, mits hulle die Here Jesus as Verlosser aangeneem het en sy kinders is. Die Bybel belowe ons dat ons mekaar weer sal sien. Die apostel Paulus het gesê dat ons nie moet “treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie” (1 Tessalonisense 4:13), want wanneer Jesus eendag terugkeer sal die Christene wat reeds gesterf het, uit hulle grafte opstaan en dan saam met die gelowiges wat nog op die aarde is, “op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees” (1 Tess. 4:17). Christene het die wonderlike hoop en vooruitsig om ewig met Jesus en dierbares wat in Jesus geglo het, verenig te word. Daarom het Paulus ons ook aangemoedig om “mekaar met hierdie woorde” te troos (1 Tess. 4:18). Wil jy nie vandag iemand bemoedig in die wete dat ons nie vir mekaar vaarwel hoef te sê nie, maar net tot siens! Want as ons glo, sal daar eendag ’n wonderlike weersiens wees!