Satan se heerskappy oor die mensdom het begin toe hy Adam en Eva se verstand en denke teen God gedraai het. Om dit te kon doen, moes hy ’n leuen oor God vertel – en hulle moes daarvoor val. In daardie krisisoomblik het hy vir hulle gelieg oor God se goedheid, sy Woord en sy planne en hulle het hom geglo (Gen.3:1-6). Satan is steeds besig met al sy slim plannetjies. Jesus sê: “Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen” (John. 8:44). Dit is dus nie verbasend dat wanneer ons probleme in ons lewe ondervind, kom die Satan met al sy influisteringe en leuens en ons begin twyfel aan die goedheid van God. Wanneer ons beveel word om Jesus se opdrag te gehoorsaam, begin ons om God se goedheid te bevraagteken. Wanneer Jesus bevele gee soos “moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak nie” (Matt. 6:19), dan sê Satan dis die goeie lewe om baie hier te versamel en dan begin ons aan God twyfel. Die probleem is dat ons, net soos Adam en Eva, Satan se leuens glo. En wanneer ons dit doen, word ons lojaliteit teenoor God belemmer. En sodra ons kompromie gemaak het, gaan ons vyand na sy volgende slagoffer en laat ons met ons berou en die besef dat sy leuens ons van ons beste Vriend, Jesus, weggelei het. Na wie het jy onlangs geluister? En nou?