Month: Mei 2020

Nederig Ontvang

Ek was besig om die eerste hoofstuk van Jakobus te lees toe ’n sinsnede my diep getref het naamlik dat ek “ootmoedig die woord [moet] aanneem wat God in [my] geplant het, want dié woord kan [my] ... red” (vs. 21). Ek het juis daardie tyd met ’n probleem geworstel en toe het die gedagte my te binne geskiet: Ek…

Die Groot Terugveg Poging

Ons lees graag van groot terugvegpogings, mense, besighede of sportspanne wat mislukking in die gesig gestaar het en dan ’n ommekeer belewe. Die Ford motormaatskappy is ’n goeie voorbeeld. Gedurende die 1940’s wou die bestuur nie modernisering toelaat nie, en dit het die organisasie amper in duie laat stort. Die regering wou die besigheid oorneem, sodat die VSA se oorlogspoging…

Ons Sal Verander Word

Thomas DeBaggio was in die beginstadium van Altsheimer en besluit toe om ’n boek te skryf oor sy toestand en hoe hy agteruitgaan. Die boek Losing My Mind, beskrywe die ontstellende proses van geheueverlies – eers take wat gedoen moet word, dan plekke en uiteindelik ook mense. Dit alles word vergeet. Altsheimer siekte is wanneer breinselle ophou funksioneer en dit…

Alternatiewe Vir Wraak

Een Sondag, terwyl hy besig was om te preek, is ’n pastoor deur ’n man aangeval en met die vuis geslaan. Hy het egter aanhou preek en die man is gearresteer. Die pastoor het vir hom gebid en het hom selfs ’n paar dae later in die tronk besoek. Wat ’n voorbeeld van optrede teenoor iemand wat jou kwaad aangedoen…

Wanneer Die Lewe Onregverdig Lyk

Het jy al ooit gevoel dat die lewe regtig onregverdig is? Ons wat die Here in alles probeer navolg, voel gefrustreerd as ons sien hoedat mense wat niks vir Hom omgee nie, ’n voorspoedige lewe lei. ’n Besigheidsman is oneerlik en tog doen hy baie goed. Die man wat voortdurend partytjies hou, drink en eet, is gesond, terwyl jy, of…

Kragtige Woorde

In ’n boek met die titel UnChristian, word redes aangegee waarom nie- Christene nie hou van persone wat wel in Jesus Christus glo nie. Die mees algemene klagte is die wyse waarop sommige Christene teenoor nie-Christene optree. Die ongelowiges wat in die boek genoem word, beweer almal dat Christene skynheilig, krities, hard, ongevoelig en veroordelend optree teenoor diegene wat nie…

Geduld Om Geduldig Te Kan Wees

Kinders wil alles altyd nou hê. “Maar ek wil nou my nagereg hê, Mamma.” “Is ons nou amper daar?” “Kan ons nou maar ons geskenke oopmaak?” In kontras vind ons dat ouer mense geleer het om te wag. Mediese studente moet wag terwyl hulle opgelei word. Ouers wag dikwels op die terugkeer van ’n afgedwaalde kind. Ons wag vir alles…

Die Magtige Toon

Onlangs het ek van ’n nuwe speletjie gehoor, iets wat my regtig stomgeslaan het en ek kan nie dink waarom enigiemand dit sou speel nie. Dit word Toe Wrestling genoem. Elke jaar kom mense vanuit alle wêrelddele na Engeland om aan die kampioenskappe deel te neem. Deelnemers sit op die grond teenoor mekaar en dan word die toon om die…

Leer Om Te Vertrou

Toe ek my kamera in die bos ingedruk het om die klein wipstertjies af te neem, het hulle slegs hulle bekkies oopgemaak en nie hulle oë nie. Hulle was so gewoond dat die mama wipstertjie hulle voed wanneer die takke geroer word, dat hulle nie eers gekyk het wat die roering veroorsaak het nie. Dis die geloof wat ’n liefdevolle…

CF7 Testing

[contact-form-7 id="280814" title="CF7 Testing"]