Thomas DeBaggio was in die beginstadium van Altsheimer en besluit toe om ’n boek te skryf oor sy toestand en hoe hy agteruitgaan. Die boek Losing My Mind, beskrywe die ontstellende proses van geheueverlies – eers take wat gedoen moet word, dan plekke en uiteindelik ook mense. Dit alles word vergeet. Altsheimer siekte is wanneer breinselle ophou funksioneer en dit lei tot geleidelike geheueverlies, verwarring en disoriëntasie. Dit is baie tragies om te sien hoe iemand wat voorheen so verstandelik intelligent was, geleidelik begin vergeet – ja, selfs vergeet om aan te trek en familielede en vriende nie meer te herken nie. Vir die gesin is dit byna soos om die persoon aan die dood af te staan voordat hy sterf. Geheueverlies kan ook as gevolg van ’n ongeluk of trauma gebeur. En vir diegene van ons wat leef totdat ons oud is, sal daar ook ’n geleidelike aftakeling van die liggaam plaasvind voordat ons sterf. Vir die Christen is daar egter hoop. Wanneer gelowiges hulle verheerlikte liggame tydens die opstanding ontvang, sal hulle volmaak wees (2 Kor. 5:1-5). Maar belangriker nog, in die hemel sal ons die Een wat gesterf het om ons te verlos, sien. Ons sal onthou wat Hy gedoen het en Hom herken aan die merke van die spykers deur sy hande. (Johannes 20:25 en 1 Korintiërs 13:12.) In ons aardse liggame mag ons vergeet, maar wanneer ons Jesus sien, sal ons soos Hy wees (1 Joh. 3:2).