Toe ek my kamera in die bos ingedruk het om die klein wipstertjies af te neem, het hulle slegs hulle bekkies oopgemaak en nie hulle oë nie. Hulle was so gewoond dat die mama wipstertjie hulle voed wanneer die takke geroer word, dat hulle nie eers gekyk het wat die roering veroorsaak het nie. Dis die geloof wat ’n liefdevolle moeder by haar kinders opwek. En ek is bevoorreg om so ’n moeder te hê. Terwyl ek grootgeword het, kon ek met ’n geruste hart alles eet wat op die tafel geplaas is, wetende dat sy niks sou voorsien wat my skade kon aandoen nie. Alhoewel ek ook voedsel waarvan ek nie gehou het nie, moes eet, weet ek dat sy dit ter wille van my gesondheid gedoen het. Indien sy net die maklike wou doen, kon sy my alle gemorskos laat eet het. Maak nie saak wat sy my beveel het om te doen of nie te doen nie, ek het geweet dat sy dit vir my beswil doen. Sy wou my nie verhinder om myself te geniet nie, maar my beskerm sodat ek nie seerkry nie. Dis die tiepe verhouding wat ons met die Here het, want Hy het Homself met ’n moeder vergelyk. “Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel” (Jesaja 66:13). As God se kinders hoef ons nie die toekoms te vrees nie; wat met ons of met iemand anders sal gebeur nie. “Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie” (Psalm 37:1). Ons kan op sy getrouheid reken.