Month: Februarie 2020

die kern van die probleem

As kind was Tom Terrific een van my geliefkoosde televisieprogramme. Wanneer Tom ’n krisis in die gesig gestaar het, het hy sy dinkhoed opgesit en die saak saam met sy wonderhond, Mighty Manfred, oordink. Gewoonlik het al die probleme by Tom se aartsvyand Crabby Appleton, begin. Vandag kan ek nog onthou hoe hierdie skurk beskryf is. Hy was Crabby Appleton,…

’n ruiker van lofprysing

Corrie ten Boom (1892-1983) was gedurende die Tweede Wêreldoorlog in ’n konsentrasiekamp. Na die oorlog het sy ’n bekende en populêre spreker geword wat dwarsdeur die wêreld opgetree het. Duisende het haar byeenkomste bygewoon en sy het vertel hoedat sy geleer het om die Duitsers wat haar gevange geneem het, te vergewe, soos wat Christus haar haar sonde vergewe het.…

nie sonder hoop nie

Sixteen Tons, geskryf deur Merle Travis en opgeneem deur Tennessee Ernie Ford, het gedurende die midde-vyftigs een van Amerika se geliefkoosde liedere geword. Dit was asof mense met hierdie steenkoolmyner kon identifiseer, die man wat gevoel het dat hy vasgevang is en nie in staat is om sy situasie te verbeter nie, hoe hard hy ook al probeer het. Die…

Volkome rus en vrede

Die psalmdigter het “talle benoude ervaringe” (Psalm 71:20) beleef en tog het hy steeds geglo dat God hom weer sou ophef (Revive). Die letterlike betekenis van hierdie woord is om iemand weer “tot lewe te bring.” Die digter gaan voort: “U het ... my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.” Dan pleit hy: “Herstel my tog…

Wat regtig saakmaak

’n Paar jaar gelede het ’n vriend van my ’n uitstalling van oorblyfsels van die berugte Titanic gaan bekyk. Elke besoeker het ’n kaartjie gekry waarop die naam van een van die passasiers of bemanningslede aangedui was. Nadat die toergroep deur die uitstalling gestap het en al die silwerstukke, eetgerei en ander oorblyfsels besigtig het, het die toer op ’n…

die Verskeidenheid in die skepping

Het jy al ooit nagedink oor al die wonderlike eienskappe wat God aan die verskillende diere gegee het? Job het wel, en een van die interessantste waaroor hy geskryf het, is die volstruis. Ten spyte van sy oënskynlike gebrek aan verstand en sy vreemde optrede as ouer, oorleef die nageslag soos in Job 39:13-16 beskryf word. En alhoewel dit ’n…

groter deernis

Ek het my vrou, Marlene, op kollege ontmoet. Ek het pastorale werk bestudeer en sy was besig om ’n graad in onderwys te verkry. Die eerste keer toe ek haar met kinders sien werk het, het ek geweet dat sy uitgeknip was vir hierdie taak. Sy was baie lief vir kinders. Dit het nog duideliker geword toe ons eers getroud…

Voorneme

Gedurende Mei 1884 het ’n jong egpaar ernstig verskil oor die middelnaam wat hulle aan hulle seuntjie moes gee. Die moeder het Solomon verkies en die pa Shippe –albei familiename. Omdat John en Marta nie tot ’n vergelyk kon kom nie, het hulle op “S” besluit. So het Harry S. Truman die enigste Amerikaanse president geword wat ’n voorletter as…

Wie is die gehoor?

Jare gelede het ek die aanbiddingsdiens in die kerk beskou as ’n geleentheid om myself te geniet. Sören Kierkegaard sê dat mense soos ek skynbaar die kerk as ’n teater beskou, ’n plek waar ons vermaak word. Ons sit in die gehoor en hou die karakters op die verhoog dop. Indien ons genoeg vermaak is, sal ons selfs hande klap…

gemeenskap in die krisissentrum

Nie te lank gelede nie, het ek en my vrou, Janet, ’n uitnodiging ontvang om by ’n dame wat ons Sondag Bybelstudie bywoon, te gaan eet. In haar ywer om vir ons ’n smaaklike ete voor te berei, het sy haar voorvinger tot op die been raakgesny. Ons het haar dadelik na die krisissentrum geneem, vir haar gebid en by…