Maand: Desember 2019

Truspieëltjie oordenkinge

Ek het nog altyd gevoel dat jy die hand van God die beste in die truspieëltjie kan sien. Deur terug te kyk oor gebeure, kan jy beter verstaan waarom Hy jou in ’n sekere huis geplaas het; waarom Hy jou met sekere mense in aanraking gebring het en waarom Hy sekere omstandighede in jou lewe toegelaat het. Dan kan jy…

Die lewe is soos om op ’n fiets te ry

In ’n brief aan sy seun Eduard, het Albert Einstein die volgende advies gegee: “Die lewe is soos om op ’n fiets te ry. Om jou balans te behou, moet jy aanhou beweeg.” Die bekende fisikus se raad is wys en prakties. Hierdie wyse raad kan ook op die Christelike lewe van toepassing gemaak word. Baie gelowiges volhard selfs deur…

Alledaagse standaarde

Gedurende die eerste jare van die Internet, het persone wat op die Web betrokke was, hulle eie reëls gemaak en die gevolg was algehele verwarring. Die een probleem was dat wat goed gelyk het op een rekenaar, onleesbaar was op ’n ander. Dit het daartoe gelei dat ontwikkelaars na die Internet verwys het as die wilde, wilde Web, na aanleiding…

’n Terugblik oor die jaar

Gedurende die laaste week in Desember, kyk joernaliste en die media gewoonlik terug na belangrike gebeure wat gedurende die jaar plaasgevind het. Hulle bekyk die triomfe en nederlae van belangrike persoonlikhede, die natuurlike rampe, ekonomiese uitdagings en die dood van bekende figure en leiers. Dikwels ontvang verbasende gebeure die meeste aandag. Indien jy jou eie lewe die afgelope jaar moet…

Die ware eienaar

Het jy gehoor van die kerk wat nie genoeg ruimte vir parkering gehad het nie? Gelukkig was dit langs ’n inkopiesentrum, wat Sondae gesluit was, geleë. ’n Lidmaat het die eienaar gevra of hulle nie van die ruimte gebruik kon maak nie. “Geen probleem nie,” het die man gesê. “Julle kan dit 51 weke in die jaar benut, maar die…

Hy sê, ons sê

Toe my vrou oor die verloop van die dag nagedink het, het sy ’n insident onthou wat gebeur het, waarby ons kleindogter, Eliana, betrokke was. Sy het die dag by ons gekuier en het in die sitkamer met ’n klompie speelgoed gespeel. Toe sy opgestaan het en na ’n ander kamer wou gaan, het haar ouma gesê: “Eliana, jy moet…

Verbasend!

Die Kersverhaal, soos dit deur Matteus en Lukas beskryf is, het al so algemeen bekend geword en soms wonder ek of ons nog regtig besef wat daar gebeur het. ’n Engel het aan ’n jong maagd verskyn, vir haar gesê dat sy ’n baba sou verwek deur die krag van die Heilige Gees (Luk. 1:26-38). Toe het die engel aan…

Vrede op aarde?

Ek sou nie graag die stryd teen ’n hemelse engeleskaar wou aanknoop nie, maar ek moet erken dat ek al gewonder het oor die belofte wat engele aan die skaapwagters daar in Betlehem gemaak het. Hulle het vrede belowe, maar die afgelope 2000 jaar het ons planeet nog maar min vrede geken. Oorloë woed voort en onskuldige lewens word vernietig.…

Die soekende god

Pastoor Tim Keller van die Redeemer Presbeteriaanse Kerk in Manhattan, sê dat die Christelike geloof uniek is en anders as al die ander godsdienste. Dit handel oor God, wat op soek is na die mens om ons na Homself te trek. In al die ander godsdienste is die mens op soek na God en probeer hulle om deur positiewe optrede,…

Kersfees – God se geneesmiddel

As jou dokter jou skakel en in ’n ernstige stemtoon sê, “Kom sien my asseblief so gou as moontlik. Daar is iets wat ek met jou moet bespreek,” sal jy weet dat hy slegte nuus vir jou het! Jou eerste reaksie sal waarskynlik wees: “Nee, ek wil nie weet nie.” Maar jy sal tog gaan, want dis eers as jy…