In ’n brief aan sy seun Eduard, het Albert Einstein die volgende advies gegee: “Die lewe is soos om op ’n fiets te ry. Om jou balans te behou, moet jy aanhou beweeg.” Die bekende fisikus se raad is wys en prakties. Hierdie wyse raad kan ook op die Christelike lewe van toepassing gemaak word. Baie gelowiges volhard selfs deur moeilike omstandighede. Wanneer hulle egter ’n persoonlike mislukking beleef, verloor hulle hul balans en val. Hulle berou, en die gevoel van onwaardigheid, dat hulle God se vergifnis nie verdien nie, hou hulle op die grond. Gevolglik is daar geen vordering in hul geestelike lewe nie. Die Bybel gee baie voorbeelde van persone wat persoonlike mislukkings beleef het. Abraham en vir Farao gelieg aangaande sy vrou Sara (Gen. 12:11-17), Jakob het sy vader bedrieg om Esau se seën te bekom (Gen. 27:18-29). Moses was ongehoorsaam aan God en het die rots met sy kierie geslaan in plaas van om te praat (Num. 20:7-12). Ten spyte van hierdie tekortkominge lees ons “daar [is] oor hulle almal met soveel lof getuig” (Hebreërs 11:39). Hierdie Bybelse karakters is voorbeelde sodat ons kan sien dat hulle, alhoewel hulle geval het, na God teruggekeer en Hom weer gevolg het. Het jy miskien jou geestelike balans verloor deur ’n sondige keuse en dit hou jou op die grond? Bely dit en volg die Here. Hy is die God wat tweede kanse gee.