Die Kersverhaal, soos dit deur Matteus en Lukas beskryf is, het al so algemeen bekend geword en soms wonder ek of ons nog regtig besef wat daar gebeur het. ’n Engel het aan ’n jong maagd verskyn, vir haar gesê dat sy ’n baba sou verwek deur die krag van die Heilige Gees (Luk. 1:26-38). Toe het die engel aan haar verloofde gesê om met haar te trou en die baba die naam Jesus te gee “want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt. 1:21) Skaapwagters het engele in die hemel gesien en is vertel dat ’n Verlosser in Betlehem gebore is (Luk. 2:1). Wyse manne het honderde kilometers gereis om die Een te gaan aanbid, Hy, wat soos hulle gesê het, die Koning van die Jode is (Matt. 2:2). Verbasend! Net so verbasend is die feit dat Maria, Josef en die skaapwagters alles gedoen het wat hulle beveel is. Maria het haarself aan God onderwerp, Josef het haar as sy vrou geneem, die skaapwagters het na Betlehem gegaan om die Kind te sien en die wyse manne het die ster gevolg. Sonder om te weet wat die gevolge sou wees, het hulle almal in die geloof die opdrag gehoorsaam. Verbasend! Hoe is dit hierdie Kersfees met ons gesteld? Sal ons die Here vertrou en sy leiding volg, selfs al lyk dit of alles onseker is, die omstandighede oorweldigend! Wanneer ons die Here gehoorsaam, is die gevolge verbasend! Kom ons volg Hom hierdie Kersfees.