Gedurende die laaste week in Desember, kyk joernaliste en die media gewoonlik terug na belangrike gebeure wat gedurende die jaar plaasgevind het. Hulle bekyk die triomfe en nederlae van belangrike persoonlikhede, die natuurlike rampe, ekonomiese uitdagings en die dood van bekende figure en leiers. Dikwels ontvang verbasende gebeure die meeste aandag. Indien jy jou eie lewe die afgelope jaar moet beskou, wat sou alles op die lys verskyn? Het ’n onverwagte gebeurtenis jou miskien aan God laat twyfel of het jy sy goedheid en seën besonderlik ondervind? Psalm 77 beskryf die klaagliedere van ’n persoon wat deur ’n moeilike tyd gaan en voel dat God nie meer omgee nie (Psalm 77:7-9). “Het daar vir altyd ’n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan nie meer nie” (vs. 9). En tog verklaar hy in sy nood: “Ek wil dink aan u wonderdade van vroeër” (vs. 12). En dit het hom nuwe moed en hoop gegee: “U is die God wat wonderdade doen; U het u mag onder die volke geopenbaar” (vs. 15). As jy terugkyk oor die afgelope jaar en alles wat gebeur het, waarom skryf jy nie al die belangrike insidente neer nie. Moenie huiwer om ook jou teleurstellings en probleme aan te teken nie. Maar onthou net dat die Here in elke situasie by jou was. Gedurende elke moeilik tydperk kan ons seker wees van die getrouheid van God. Hy is altyd daar vir ons.