Month: September 2019

soete Lofprysing

’n Paar jaar gelede het my man ’n groepie hoërskoolstudente op ’n sendinguitreik na ’n landelike gemeenskap geneem, om herstelwerk te doen. Ongelukkig het Tom kort tevore sy voet gebreek en moes hy die werk vanuit ’n rolstoel beheer. Hy was teleurgesteld dat hy nie in staat was om rond te beweeg soos hy beplan het nie. Terwyl hy op…

kom terug

Die volk Israel het van God afgedwaal en God wou aan Hosea toon hoe diep dit Hom seergemaak het. Gevolglik lees ons in die eerste paar hoofstukke van Hosea ’n vreemde, bisarre verhaal. God het die profeet beveel om met ’n prostituut, Gomer, te trou. Hosea word vir ons uitgebeeld as die getroue eggenoot van die ontroue huweliksmaat en gevolglik…

Die skepping: nt Weergawe

Wanneer ons aan die wonder van die skepping dink en hoe God die ganse heelal deur sy woorde tot stand gebring het, dan dink ons gewoonlik aan die Ou Testamentiese weergawe van die skepping. Maar dis bemoedigend om na die Nuwe Testament te kyk en te sien hoedat hierdie deel ook na die skepping verwys. Kom ons bekyk ’n aantal…

Wees gasvry

In die Nuwe Testament word gasvryheid as ’n kenmerk van die Christelike lewe beskryf. Dit word beskryf as ’n eienskap van geestelike leiers (1 Tim. 3:2; Tit.1:8) en elke gelowige word opgeroep om dit te beoefen as ’n uitdrukking van broederlike liefde (Rom.12:13; 1 Pet. 4:9). Maar die betekenis van gasvryheid omvat meer as net om ’n goeie gasheer te…

Die vergete Werker

Mense dwarsdeur die wêreld is bekend met Mount Rushmore, die terrein in Suid-Dakota waar die koppe van vorige Amerikaanse presidente op reusagtige skaal teen die hange uitgrafeer is. Terwyl miljoene mense weet van Mount Rushmore is daar baie min wat nog ooit die naam van Doane Robinson gehoor het. Hy was ’n historikus in Suid-Dakota en dit was hy wat…

om agtertoe te kyk

Verlede somer het ek en my man per trein vanaf Grand Rapids na Chicago gery. Ons sitplekke het na agter gekyk en al wat ons kon sien was dinge waarby ons reeds verby is. Ons kon nie sien waarheen ons gaan nie. Geboue, mere, en bome het by die venster verbygeflits nadat ons reeds by hulle verby is. Ek hou…

gehoorsaam die roepstem

Ek het gelees van Kaptein Ray Baker, ’n vlieënier verbonde aan die Strategiese Lugmag tydens die oorlog in Vietnam. Hy en ander vlieëniers is deur die Lugmag opgelei om sodra hulle die sirene hoor, dadelik na hulle vliegtuie te hardloop. Vele kere, gedurende etes, het die sirene weerklink en dan het Ray opgespring en na sy vliegtuig genael. Hy is…

snydende opmerkings

Die skrywer van Spreuke beskrywe ’n dwase persoon as iemand wie se woorde “soos dolksteke” is (Spreuke 12:18). Ons tonge kan soos ’n baie skerp Switserse dolk wees wat baie lemme het en ons kan dit gebruik om ander mense op baie maniere seer te maak, te vernietig en te na te kom. Ons ongesonde houdings van woede, irritasie, frustrasie…

is Dit Waar?

“Glo, maar maak seker.” My man hou baie van hierdie stelling wat deur Ronald Reagan gemaak is. Toe hy president was, wou hy altyd graag alles glo wat mense hom in sy samesprekings vertel het. Maar aangesien die veiligheid van die land van die waarheid afhanklik was, wou hy sekermaak dat wat aan hom gesê is, wel die volle waarheid…

navigasie- sisteem

Het jy al ooit gewonder hoe die loods van ’n vliegtuig weet om van punt A na punt B te vlieg? Heel waarskynlik gebruik hy ’n navigasiesisteem VOR, wat gedurende die vyftiger jare ontwerp is. Dit lei vandag nog baie vlieëniers reguit na die bestemming waarheen hulle onderweg is. Die loods stel die koers van die vliegtuig op die sisteem…