Het jy al ooit gewonder hoe die loods van ’n vliegtuig weet om van punt A na punt B te vlieg? Heel waarskynlik gebruik hy ’n navigasiesisteem VOR, wat gedurende die vyftiger jare ontwerp is. Dit lei vandag nog baie vlieëniers reguit na die bestemming waarheen hulle onderweg is. Die loods stel die koers van die vliegtuig op die sisteem en as die vliegtuig van koers af raak, dan wys die instrument aan die loods dat hulle van koers af is, sodat hy onmiddellik weer die nodige aanpassing kan doen. Die volk Israel het gedurende die profeet Jesaja se leeftyd ’n baie dringende behoefte aan ’n VOR sisteem gehad. God wou graag in daardie behoefte voorsien en vir hulle die VOR sisteem wees. Maar ten spyte van al God se waarskuwings het hulle nogtans ’n ooreenkoms met Egipte aangegaan (Jesaja 30:1-2). Tog het God genadiglik belowe dat Hy wel eendag hulle navigator sou wees: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê:’Hier is die pad, loop hierlangs’” (Jesaja 30:21). Vandag het Christene ’n innerlike navigasiesisteem. Jesus het sy Heilige Gees gestuur om in sy kinders te lewe en hulle “in die hele waarheid” (Johannes 16:13) te lei. Indien jy leiding nodig het oor die koers wat jy moet inslaan, moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Gebruik God se VOR sisteem. Hy sal jou in die regte rigting na jou bestemming lei.