Kategorie  |  Uncategorized

Toegewy Aan Die Liefde

Nabeel Qureshi het as ’n bekeerling tot Jesus boeke geskryf sodat sy lesers die aanhangers van die godsdiens waaruit hy kom, beter kan verstaan. Sy aanslag is vol eerbied, en sy hart, wat oorloop van liefde vir sy mense, kom duidelik na vore.

Qureshi het een van sy boeke aan sy suster opgedra, hoewel sy nog nie in Jesus glo…

Wanneer Teëspoed Toeslaan

Gedurende die Asiatiese Finansiële Krisis in 1997 het meer mense werk gesoek as wat daar beskikbare poste was. Ek was een van hulle. Ná 9 angsvolle maande het ek ’n betrekking as kopieskrywer gekry. Die maatskappy het egter kort daarna finansiële probleme ondervind en ek was weer sonder werk.

Was jy al in ’n soortgelyke posisie? Nes dit lyk of…

Die Vreugde Om Te Gee

Dit was ’n ellendige week. Ek was tam en lusteloos al het ek nie geweet waarom nie.

Teen die einde van die week het ek uitgevind dat my tante nierversaking het. Ek het geweet ek moet haar besoek, tog wou ek eerder die afspraak uitstel. Ek is toe na haar toe, waar ons saamgeëet, -gesels en -gebid het. ’n Uur…

Verborge Geheimenisse

Terwyl ons ’n entjie gaan stap het, het ek en my vriendin gesels oor ons liefde vir die Bybel. Sy het my verras toe sy sê: “Ek hou nie veel van die Ou Testament nie ... te veel moeilike goed om te verstaan en al die wraak – gee my Jesus!”

Wanneer ons ’n boek soos Nahum lees, stem ons…

Ingrypende Liefde

Sarah se verlowing is ’n week voor die beplande huweliksdatum verbreek. Sy was hartseer en teleurgesteld, tog wou sy nie die kos vir die onthaal vermors nie. Sy het die reëlings vir die feesmaal verander deur die geskenketafel te verwyder, die gastelys aan te pas en die inwoners van die plaaslike skuilings vir haweloses uit te nooi.

Jesus, ’n voorstander…

Aan My Geliefde Vriend

Om ’n brief te skryf, soos dié van die apostel Johannes aan sy vriend Gaius in die 1ste eeu, is ’n kunsvorm wat in die 21ste eeu aan die uitsterf is.

Catherine Field, ’n skrywer vir die New York Times, het gesê: “Briewe skryf tel onder die oudste van ons kunsvorme. Dink ’n mens aan briewe, dink jy aan Paulus…

’n Genesende Vloed

Ek het nog altyd van ’n sterk donderstorm gehou. As kinders het ek en my sibbe, te midde van die brullende donderweer en ’n hewige stortvloed van bo, buite wild rondgehardloop, geglip en gegly. Teen die tyd wat ons ingegaan het, was ons papnat.

Dit was stimulerend – al was dit slegs vir ’n paar minute – om in iets…

Liefde Sonder Grense

’n Wyse vriend het my aangeraai om in enige argument uitdrukkings soos “jy doen dit altyd” of “jy doen dit nooit nie” te vermy – veral wat my gesin betref. Hoe maklik is dit nie om die mense om ons te kritiseer en liefdeloos op te tree teenoor dié vir wie ons lief is nie! Tog is daar nooit enige…

Sondaars Soos Ons

My vriendin, Edith, was min besorg oor geloof. Tog het sy een Sondag-oggend, op soek na iets om haar worstelende siel te bevredig, besluit om na ’n kerk naby aan haar woonstel te stap. Die teks vir die dag was Lukas 15:1–2. “Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die…

Oorkom Uitdagings

Ons het maandeliks vergader om oor ons doelwitte verslag te doen. My vriendin, Mary, wou vinnig haar eetkamerstoele oortrek, ’n projek wat uiteindelik tien maande en twee uur in beslag geneem het. Tog, na maande se gesoek na die regte material en ’n tekort aan tyd, het die projek haar ’n skamele twee uur geneem om te voltooi.

Die Here…