Ons het maandeliks vergader om oor ons doelwitte verslag te doen. My vriendin, Mary, wou vinnig haar eetkamerstoele oortrek, ’n projek wat uiteindelik tien maande en twee uur in beslag geneem het. Tog, na maande se gesoek na die regte material en ’n tekort aan tyd, het die projek haar ’n skamele twee uur geneem om te voltooi.

Die Here het Jeremia vir ’n baie groter projek geroep. Die mure van Jerusalem moes na 150 jaar herbou word (Nehemia 2:3–5, 12). Soos wat die bouers met die muur gevorder het, het hulle bespotting, aanvalle, afleiding en versoeking tot sonde ondervind (4:3, 8; 6:10–12). Tog het God hulle toegerus om vas te staan – vasberade in hulle pogings – en het hulle die taak in twee-en-vyftig dae voltooi.

Om sulke uitdagings die hoof te bied vereis baie meer as net ’n persoonlike begeerte of doelwit. Nehemia was gedryf deur die wete dat God hom vir die taak aangestel het. Sy begrip van die uiteindelike doel het die werkers aangespoor om sy leierskap, te midde van ongelooflike opposisie, te volg. Wanneer God ’n taak aan ons toevertrou – hetsy om ’n gebreekte verhouding te herstel of dit wat Hy in ons lewe gedoen het met ander te deel – gee Hy aan ons die nodige bekwaamheid en krag om vol te hou met ons opdrag, ongeag die uitdagings wat oor ons pad mag kom.