Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Amy Boucher Pye

Geloof In Aksie

Op pad na die kruidenierswinkel het ’n vriendin ’n vrou langs die pad sien stap. Op die ingewing van die oomblik het sy net daar die motor omgeswaai en die dame ’n saamrygeleentheid aangebied. Sy is aan die hart gegryp toe die vrou haar vertel dat sy nie busgeld het nie en daarom die vele kilometers in die warm en…

Die Band Van Vrede

Nadat ek ’n vriendin per e-pos aangevat het oor ’n saak waaroor ons verskil, het sy nie daarop gereageer nie. Het ek oortree? Ek wou nie die situasie vererger deur haar te pla nie, maar ek wou ook nie dinge onopgelos laat voordat sy oorsee vertrek nie. Oor die volgende paar dae het sy voortdurend in my gedagtes opgekom. Ek…

Volmaakte Vrede

’n Vriendin het my vertel dat sy jare lank na vrede en tevredenheid gesmag het. Sy en haar man het ’n suksesvolle sakeonderneming op die been gebring en bedryf, dus kon hulle ’n groot huis, mooi klere en duur juweliersware koop. Tog kon hierdie besittings nie haar innige verlange na vrede bevredig nie, ook nie haar vriendskappe met invloedryke mense…

Beste Winskoop Ooit!

Hoeveel is genoeg? Ons kan dié eenvoudige vraag op ’n dag vra wat baie ontwikkelde lande toenemend aan inkopies wy. Ek praat van Black Friday, die dag na die VSA se Dankseggingsdag, waarop baie winkels vroeg oopmaak en groot winskope aanbied; ’n dag wat ook na ander nasies versprei. Sommige kopers se geld is beperk en hulle probeer om iets…

Verskuilde Bediening

’n Groot akademiese projek het swaar op my gelê, en ek het my verknies of ek dit gaan klaar hê teen die spertyd. Te midde van my beklemde gedagtes het ek drie bemoedigende notas van vriende gekry wat my aangehelp het. Elkeen het gesê: “God het jou in my gedagtes gebring vandag toe ek gebid het.” Ek het klein en…

Liefde In Aksie

“Het jy ’n paar goed wat ek vir jou kan was?” vra ek ’n besoeker by ons in Londen. Sy gesig verhelder en toe sy
dogter verbyloop sê hy, “kry jou vuil klere - Amy gaan ons wasgoed doen!” Ek het geglimlag toe ek besef my aanbod van ’n paar items het na ’n paar bondels vermeerder. Later, toe ek…

Jakkalse Vang

Terwyl ek met ’n vriendin gesels wat by die see bly, het ek my verheug om seemeeue te hoor. “Aaklige skepsels” het sy gesê, want vir haar was hulle ’n daaglikse bedreiging. As ’n inwoner van London, voel ek so oor jakkalse. Ek dink nie hulle is oulik nie, maar dwalende gediertes wat stinkende gemors agterlaat.

Jakkalse kom voor in…

Onverwagse Welwillendheid

My vriendin het in die ry gestaan om haar kruideniersware te betaal toe die man voor haar omdraai en haar ’n geskenkbewys van R170 korting op haar rekening gee. Sy was moeg en het in trane uitgebars as gevolg van sy vriendelike daad, en daarna vir haarself gelag oor haar gehuilery. Dié onverwagse goeie daad het haar aan die hart…

Gesange Voor Die Dood

Twee mans was weens dwelmhandel ’n dekade lank in die dodeselle. Daar het hulle van God se liefde in Jesus vir hulle geleer en dit het hul lewens verander. Toe hulle voor die vuurpeleton staan, het hulle na hul teregstellers gekyk en die “Ons Vader” gebid en “Amazing grace” gesing. Danksy hul geloof in God kon hulle deur die krag…

Versamel Are In Die Land

’n Tanzaniese vriendin, Ruth, het ’n visie om ’n stuk verlate land in die hoofstad Dodoma te bekom. Sy het die nood van ’n aantal plaaslike weduwees raakgesien en wil graag die stowwerige stuk grond omskep in ’n plek waar hoenders aangehou kan word en waar daar geplant kan word. Haar visie om mense in nood te help is in…