Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Leslie Koh

Altyd Aanvaar

Ná ’n hele paar jaar waarin Angie op akademiese gebied probeer byhou het, is sy uiteindelik uit haar keurlaerskool gehaal en oorgeplaas na ’n “normale” skool. Neem ’n mens Singapoer se hoogs wedywerende onderwysomgewing in ag, waar ’n “goeie” skool jou vooruitsigte kan verbeter, kan dit as ’n fout gesien word.

Angie se ouers was teleurgestel, en Angie self het…

Om God Eerste Te Vra

Reeds vroeg in ons huwelik het ek daarmee gesukkel om my vrou se voorkeure te ontrafel. Wou sy graag ’n stil aandete tuis geniet of eerder ’n restaurant besoek? Was dit goed as ek saam met die manne kuier, of het sy verwag dat ek die naweek saam met haar sal deurbring? Eenkeer het ek, sonder om te raai en self…

Die Vreugde Om Te Gee

Dit was ’n ellendige week. Ek was tam en lusteloos al het ek nie geweet waarom nie.

Teen die einde van die week het ek uitgevind dat my tante nierversaking het. Ek het geweet ek moet haar besoek, tog wou ek eerder die afspraak uitstel. Ek is toe na haar toe, waar ons saamgeëet, -gesels en -gebid het. ’n Uur…

Skoon Spel

Toe Ashley Liew, ’n Singapoerse naelloper, hom tydens ’n maraton by die Suidoos-Asiese Spele vooraan die groep bevind, het hy gou besef dat die voorste naellopers ’n verkeerde afdraai gevat het en nou agter was. Ashley kon voordeel getrek het uit hulle fout, maar ’n sterk gees van sportmanskap het hom oortuig dat dit nie ’n ware oorwinning sou wees…

Dubbele Belofte

Vandat sy verskeie jare terug kanker opgedoen het, kan Ruth skaars eet, drink of sluk. Sy het ook baie van haar fisieke kragte verloor en talryke operasies en behandeling het haar ’n skaduwee van haar ou self gelaat.

Nogtans kan Ruth God steeds loof; haar geloof bly sterk en haar vreugde is aansteeklik. Sy vertrou daagliks op God, en bly…

Verlore Maar Gevind

Ek en my vrou was ontsettend bekommerd toe ons hoor dat my skoonmoeder vermis geraak het terwyl sy en ’n familielid inkopies gedoen het. Sy het aan geheueverlies gely en ons was nie seker wat sy sou doen nie. Ons het net die ergste verwag toe ons begin soek het en het God gesmeek “vind haar asseblief.”

Ure later en…

Om Almal Lief Te Hê

Ek aanbid tans in ’n kerk wat op ’n groot oop terrein op die eiland van Singapore geleë is. ’n Tyd gelede het mense van oorsee wat in ons land werksaam is, begin om elke Sondag op die kerkgronde vir ’n piekniek bymekaar te kom.

Dit het ’n wye reaksie van die kerkgangers uitgelok en baie het gekla oor die rommel wat die…

Herstelde Mislukkings

’n Besoekende orkes het lofsange en aanbidding gelei in ons kerk en hul passie vir die Here was roerend. Ons kon hulle geesdrif sien – en aanvoel.

Die musikante onthul toe dat hul almal gewese gevangenes was. Hulle liedere het ’n spesiale betekenis aangeneem. Ek kon sien waarom hul lofprysing soveel vir hulle beteken het. Hul aanbidding was getuienis van gebroke…

God Weet

Denise het baie meegevoel gehad met ’n seergemaakte vrou wat sy by haar kerk ontmoet het en besluit het om te probeer help. Sy het haar elke week met raad bedien, saam met haar gebid en naderhand haar mentor geword. Maar sommige kerkleiers het Denise se pogings nie raakgesien nie en iemand anders aan die vrou as mentor toegewys.

Alhoewel…

Oefen Vir Die Lewe

My voorbereiding vir die langafstandresies het nie na wense gevorder nie; daarby was ek besonder teleurgeteld met die afloop van die laaste een. Ek het die helfte van die tyd gestap en moes op ’n keer selfs gaan sit. Dit het vir my gevoel asof ek ’n mini-toets gedruip het.

Dit is toe dat ek onthou het dat dit presies die…