Om ’n brief te skryf, soos dié van die apostel Johannes aan sy vriend Gaius in die 1ste eeu, is ’n kunsvorm wat in die 21ste eeu aan die uitsterf is.

Catherine Field, ’n skrywer vir die New York Times, het gesê: “Briewe skryf tel onder die oudste van ons kunsvorme. Dink ’n mens aan briewe, dink jy aan Paulus van Tarsus.” En ook aan die apostel Johannes!

Johannes skryf aan Gaius oor sy hoop dat sy vriend gesond is na liggaam en gees. Hy skryf ook bemoedigend aangaande Gaius se getrouheid en sy liefde vir die kerk. Johannes skryf ook oor ’n probleem in die kerk, wat hy later persoonlik sou aanspreek, asook oor die waarde van goeie werke tot eer van God. Dit was in alle opsigte ’n bemoedigende en uitdagende brief aan sy vriend.

Digitale kommunikasie mag die skryf van briewe op papier uitrangeer, tog behoort dit ons nie te keer om ander te bemoedig nie. Paulus het sy briewe op perkament geskryf. Ons kan ander op verskillende maniere bemoedig. Dis nie hoe ons ander bemoedig nie, maar dat ons ’n tydjie afstaan om ander te laat weet dat ons in Jesus se Naam vir hulle omgee.

Kan jy jou voorstel hoe versterk Gaius moet gewees het toe hy Johannes se brief lees? Kan ons nie deur middel van ’n opreg bewoorde nota of ’n opbouende oproep ook die lig van God se liefde op ons vriende laat skyn nie?