Kategorie  |  Uncategorized

Beïnvloed ’n Lewe

My vriend, Dan, sou binnekort sy hoërskool loopbaan voltooi en moes ’n aanbieding doen. Hy het vyftien minute tot sy beskikking gehad om te vertel hoe hy sover gekom het om sy sertifikaat te verwerf en om diegene wat hom gehelp het, te bedank. Ek het deur die vertrek gekyk voordat hy begin praat het en opgemerk hoe baie persone…

Hy Noem My Vriend

Iemand het vriendskap so gedefiniëer: “Om die hart van ’n ander te ken en om jou hart vir ’n ander oop te maak.” Ons maak ons hart oop vir diegene wat ons kan vertrou en hulle wat vir ons omgee. Ons vertrou ons vriende omdat ons seker is dat hulle nie die inligting sal gebruik om ons skade aan te…

Strydvrae Oor Die Kruis

Daar was ’n tyd gelede ’n hofsaak in die Hooggeregshof van die VSA oor die kwessie of ’n godsdienstige simbool, veral ’n kruis, op publieke terrein toegelaat behoort te word. Mark Sherman van die Associated Press, het aangevoer dat hoewel die spesifieke kruis reeds in 1934 opgerig is ter herinnering aan soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het, is…

Wyd Oop!

Vroeg in die lente het ek en my vrou ’n fassinerende toneeltjie buite ons kombuisvenster gesien. Twee swartvoëls het met strooi in hulle bekkies ’n nou spleet in die huis langs ons s’n binnegegaan. ’n Paar weke later was ons verheug om vier klein voëltjies op te merk wat hulle bekkies by die spleet uitsteek sodat hulle deur Pappa en…

“Wat Op Aarde Doen Jy?”

Toe my kleindogter vir ’n tydjie by ons ingewoon het, het sy my gedurig gevra: “Wat op aarde doen, Oupa?” Sy het die vraag oor en oor herhaal. Óf ek nou met my rekenaar gewerk het, óf besig was om skoene aan te trek, of buite gesit en lees het, my vrou in die kombuis gehelp het, ja, waar ek…

’n Kwessie Van Opinie?

Ons lewe in ’n tyd wanneer allerhande meningspeilings gedoen word. Besluite word deur die skares geneem en soms is dit goed. Peilings kan ons inlig oor ondervindinge wat persone opgedoen het, die kwaliteit van sekere produkte en sodoende kan ons wyser besluite neem. Meningspeilings kan die regering ook ’n aanduiding gee hoe hulle nuwe inisiatiewe opgeneem sal word. Alhoewel die…

Verlore En Gevind

Tot die dag dat ek gevind is, het ek nie besef dat ek verlore was nie. Ek het soos gewoonlik voortgegaan, my take afgehandel en met die gewone dinge aangegaan. Toe ontvang ek eendag ’n epos met die boodskap: “Ek dink jy is my niggie.” Toe ek my niggie se boodskap gelees het, het ek uitgevind dat sy en ’n…

Geen Hoop Behalwe In God

In sy boek Through the Valley of the Kwai, beskrywe Ernest Gordon, ’n Skotse offisier, die lyding wat hy as prisonier gedurende die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het. Hy was ’n lang man, sterk en gesond, maar het malaria, witseerkeel, tifus, beriberi, buikloop en absesse in die konsentrasiekamp opgedoen en die harde arbeid en gebrek aan voedsel het sy gewig geweldig…

Om Vooruit Te Kyk

Gedurende die Koue Oorlog (1947- 1991) was daar geweldige spanninge tussen die wêreld se supermagte. Albert Einstein het opgemerk: “Ek weet nie met watter wapens die Derde Wêreldoorlog geveg sal word nie, maar in die Vierde Wêreldoorlog sal met stokke en klippe geveg word.” Dit was ’n oomblik van helderheid wat hom op die gevolge van ’n kernoorlog laat fokus…

Waarvoor Is Jy Bekend?

In die Romeinse Ryk het ongelowiges dikwels ’n afgod of godin aangeroep wanneer hulle weddenskappe aangegaan het. Een van die geliefkoosde afgode was Apofrodite, die Griekse naam vir Venus, die godin van die liefde. Terwyl die dobbelstene gegooi word, het hulle gewoonlik uitgeroep epafroditus! Letterlik “deur Apofrodite!” In die boek Filippense lees ons van ’n Griek met die naam Apofroditos,…