Toe die afdak agter ons huis begin vervalle raak, het ek besef dat ek dit nie self sou kon herstel nie. Daarom het ek ’n paar oproepe gemaak, ’n paar kwotasies gekry en eindelik ’n bouer gekry wat ’n nuwe afdak kon oprig. Toe hy eindelik klaar was, het ek die werk nagegaan en agtergekom dat daar probleme was. Om ’n tweede opinie te kry, het ek die lokale inspekteur van geboue genader en toe ’n verrassing gekry. Die bouer het nie ’n boupermit aangevra nie. Deurdat hy sonder toesig gewerk het, het hy die boukode op verskeie punte oortree. Hierdie insident het my aan ’n belangrike waarheid herinner – ’n waarheid wat niks te doen het met ’n boupermit nie. Ons doen dikwels nie ons heel beste as daar nie toesig oor ons gehou word en ons nie verantwoording moet doen nie. Ons sien in die Bybel hoedat hierdie beginsel in twee van Jesus se gelykenisse geïllustreer word (Matt. 24:45-51; 25:14-30). In albei gevalle het ten minste een werker oor wie geen toesig gehou is nie, sy werk nie reg gedoen nie. Maar ons sien ’n ander kant van die saak in Spreuke 6. Ons word gekonfronteer met die voorbeeld van die mier, wat sonder enige toesig getrou sy werk doen. Wat van ons? Werk ons slegs na die beste van ons vermoë as ons dopgehou word? Of sien ons in dat ons werk eintlik vir God gedoen word en dat ons daarom ons beste moet lewer