Gewoonlik word ons beveel om te glimlag voordat ’n foto van ons geneem word. Maar in sekere dele van die VSA word ’n nie-glimlag beleid gevolg wanneer jy jou bestuurslisensie wil kry. Omdat daar so baie diefstal van identiteit is, moet die lisensie departement baie seker maak dat die foto’s wat geneem word nie ooreenkom met ander foto’s wat reeds in die sisteem opgeneem is nie. Indien iemand ’n foto onder ’n vals naam laat neem, word ’n alarm deurgestuur na die betrokke beampte. Vanaf 1999 tot 2009 het een staat 6,000 persone verhinder om onder valse voorwendsel ’n lisensie te kry. Maar waarom nie glimlag nie? Die tegnologie kan die gesig makliker herken as die persoon ’n neutrale gesigsuitdrukking het. Jesus het ’n goeie aanbeveling gegee hoe ’n Christen herken kan word. Hy het aan sy dissipels gesê: “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (Joh.13:35). Die maniere waarop ons aan ander kan wys dat ons hulle liefhet, is legio. Daar is altyd persone wat ’n briefie van bemoediging nodig het, of ’n besoek, iets te ete, soms ’n liefdevolle vermaning. Soms is ’n teksvers uit die Bybel die aangewese ding en by tye net ’n oor wat kan luister en ’n glimlag van bemoediging. Die apostel Johannes skryf: “Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief” (1 Joh. 3:14). Kan ander mense aan ons optrede sien dat ons Christene is en Jesus liefhet?