Month: Desember 2020

oordenkings

’n Tydjie gelede het ek ’n besondere mylpaal bereik. Dit was 20 jaar sedert ek begin het om ’n geestelike joernaal saam te stel. Toe ek my eerste inskrywings herlees het, was ek verbaas dat ek dit vir soveel jare volgehou het. Maar nou sou niks my daartoe bring om dit te staak nie. Hier volg ’n paar voordele wat…

Om jou deel te doen

Vir die afgelope paar jaar was my dogter, Rosie, in beheer van die dramaproduksies in die plaaslike hoërskool. Skoliere het gekom vir oudisies en ’n paar word dan vir die hoofrolle gekies. Maar daar is nog baie ander minderbelangrike rolle wat vertolk moet word – rolle wat noodsaaklik is vir die produksie. Dan is daar ander jongmense wat ook deel…

nogtans sal ek juig

Die lewe in hierdie ou wêreld kan soms baie moeilik wees. By geleentheid het almal van ons al gewonder, waar is die Here in my probleme? En moontlik het ons selfs gedink: Dit lyk asof ongeregtigheid seëvier, maar nogtans swyg God. Tog het ons ’n keuse hoe ons ten opsigte van ons probleme wil reageer. Die profeet Habakuk is vir…

Keuses en gevolge

Die Internasionale Slawerny Museum in Liverpool, Engeland, herinner ons aan die verskriklike dinge wat deur die eeue aan slawe, manne, vroue en kinders, gedoen is. Die prys wat onskuldige mense vir die inhaligheid van ander betaal, is verskriklik, maar dis nie net die slawe wat skade ly nie – ook diegene wat dit toepas betaal ’n dure prys. ’n Opmerking…

genadige wagtydperk

Roger het sy werk verloor toe die maatskappy moes verklein en afdankings noodsaaklik was. Vir maande het hy vir betrekkings aansoek gedoen, gebid, ander gevra om te bid, en op die Here vertrou. Roger en sy vrou het wisselende emosies beleef. Die Here het by tye op ongelooflike wyses voorsien, maar soms het dit moeilik gegaan en dan het hulle…

foutiewe aanbidding

Indien jy mense wil ontstel, bedreig dan net hulle ekonomiese situasie. ’n Swak ekonomiese prentjie het al daartoe gelei dat politici uit hulle poste verwyder is. So het dreigemente dat die ekonomie in Efese ineen sal stort, die gemeenskap so opgesweep dat Paulus byna uit Efese verdryf is. Hier is wat gebeur het. Paulus het na die stad gekom en…

Dis nou die tyd

Gedurende ons gemeente se Kersvieringe het ek gesien hoedat die koorlede voor die gemeente byeenkom, terwyl die dirigent deur sy papiere op die blink swart staander geblaai het. Die instrumente het begin speel en toe het die koor die pragtige, bekende lied, “Kom, nou is dit die tyd om te aanbid” gesing. Ek het eintlik ’n ander Kerslied verwag, maar…

Die Dood Vernietig!

Mediese navorsers soek onvermoeid om geneesmiddels vir kanker, Altsheimer en ander uitmergelende siektes te vind. Maar wat daarvan as jy eendag sou wakker word en die hoofberigte in die koerante lees: DIE DOOD VERNIETIG! Sou jy dit kon glo? Kan jy dit glo? Die Nuwe Testament verklaar uitdruklik dat vir die kind van die Here is die dood finaal vernietig…

Verborge skat

’n Britse skattejagter het ’n groot hoeveelheid Romeinse muntstukke in ’n veld in die suidweste van Engeland ontdek. Dave Crisp het ’n metaal detektor gebruik en op ’n groot pot afgekom met 52,000 muntstukke daarin. Die antieke silwer en brons geldstukke, wat uit die derde eeu n.C. dateer, weeg meer as 700 kilogram en die waarde word bereken op $5…

Verworpe Lig

In die vroeë oggendure van 21 Desember, 2010 het ek iets ongeloofliks gesien, iets wat laas in 1638 n.C gebeur het, naamlik ’n volkome maansverduistering gedurende die winter sonstilstand. Die skadu van die aarde het stadig voor die skynende maan ingeskuif en dit het ’n donkerrooi kleur aangeneem. Dit was ongelooflik mooi, maar het my daaraan herinner dat alhoewel fisiese…