Roger het sy werk verloor toe die maatskappy moes verklein en afdankings noodsaaklik was. Vir maande het hy vir betrekkings aansoek gedoen, gebid, ander gevra om te bid, en op die Here vertrou. Roger en sy vrou het wisselende emosies beleef. Die Here het by tye op ongelooflike wyses voorsien, maar soms het dit moeilik gegaan en dan het hulle getwyfel of Roger ooit weer werk sou kry. Vir 15 maande het hulle gewag. Toe het Roger drie onderhoude gehad en ’n week later het die agent hom gebel en gesê: “Het jy al ooit die uitdrukking gehoor ‘soms het die wolke ’n silwer randjie?’ Wel, jy het die pos gekry.” Roger se vrou Jerrie, het later gesê: “Ons sou nie hierdie moeilike beproewing vir iets verruil nie. Dit het ons nader aan mekaar gebring en ook nader aan die Here.” Vriende wat saam gebid het, was saam bly en het ook die Here gedank. Paulus wou gehad het dat die kerk in Korinte die werking van God in sy lewe sou sien, wat aanleiding daartoe sou gee “dat die dankgebede … meer [word] en God … die eer [ontvang]” (2 Kor. 4:15). Sy beproewinge was so erg dat hy “in alles … verdruk” was, radeloos, “maar nie vernietig nie” (vs. 8,9). Nogtans het hy ander bemoedig en hulle gemaan (vs. 16) om op die Here te vertrou. Wanneer ons probleme ondervind kan ons nader aan die Here kom, soos dit met Roger en Jerrie die geval was en dan sal die lof aan die Here gegee word.