Maand: November 2020

Optredes en resultate

Op 24 November 1971 het ’n man, vandag bekend as D. B. Cooper, ’n kommersiële vlug tussen Portland en Seattle geskaak en gedreig om die vliegtuig op te blaas as hy nie die bedrag van $200,000 ontvang nie. Nadat hulle geland het, sodat hy die geld kon ontvang, het hy beveel dat die vliegtuig weer moes opstyg. Hy het ’n…

Om jou ouers te eerbiedig

My pa het onlangs negentig geword en sy fisiese vermoëns begin nou regtig afneem. Hy kan nog met sy loper loop, maar het iemand nodig om sy etes voor te berei en hom met ander take te help. My ouer broer, Steve en sy vrou Judy, woon naby hom en daarom het hulle besluit om Pa by hulle in te…

Dankseggings amnestie

Elke jaar, teen die einde van November, reik die president van die VSA ’n offisiële amnestie vir die Nasionale Dankseggingsdag Kalkoen uit. Gedurende een van hierdie lighartige seremonies, het een president opgemerk: “Ons eregas lyk ’n bietjie gespanne. Niemand het hom nog vertel dat amnestie aan hom verleen is nie.” Die arme kalkoen het genoeg rede gehad om gespanne te…

Voel jy arm?

Ek dink ons voel almal af en toe soos Dawid in Psalm 86:1 gevoel het. Hy sê: “Ek is hulpeloos en arm.” Maar selfs die rykste onder ons moet verstaan dat armoede en behoefte meer op die geestelike van toepassing is, as op die beursie. Wanneer die biljoenêr, Rich De Vos, met groepe praat, sal hy dikwels sê: “Ek is…

Die singende Bak

Michael Flynn, kunstenaar en wetenskaplike, het ’n singende bak ontwerp wat hy by die ArtPrize internasionale kunskompetise in Grand Rapids, Michigan wou tentoonstel. Die bak vereis geen elektrisiteit om te funksioneer nie, maar wel iets wat nie altyd beskikbaar is nie: samewerking. Ek het toegekyk hoe mense probeer het om die bak te laat sing, en ek was verbaas dat…

Om hoop te Vind

Navorsers aan die universiteit van Minnesota het ’n studie gedoen en vasgestel dat 15 persent van die tieners dit as “hoogs waarskynlik” beskou dat hulle voor hulle 35ste verjaarsdag sou sterwe. Dié groep met hierdie negatiewe siening, sal meer geneig wees om roekeloos te lewe. Dr. Iris Borowsky, wat hierdie studie wat in die Pediatrics tydskrif gepubliseer is, gedoen het,…

Doen net wat reg is

Op ’n buitelandse reis het ek ’n advokaat ontmoet wat ook van my tuisstad in New Jersey afkomstig is. Ons het gesels en was verbaas hoeveel ons in gemeen het. In die loop van die gesprek, het hy gevra: “Het jy gesê jou van is Stillwell?” “Nee,” het ek gesê. “Dis Stowell.” Hy het toe vertel dat hy ’n klient…

Die wyer wêreld

Ek het ’n poskaart van my TV maatskappy ontvang. Hulle nooi my uit om al die nuutste verbeterings op die TV kanale na te gaan. Die kaart het aangedui dat ek die maatskappy moes kontak indien ek die nuwe digitale toerusting wou kry en iemand om dit vir my te installeer en te verduidelik hoe dit werk. Daarna kon ek,…

Onuitgesproke Dankbaarheid

Die belangrikste rede waarom ons dankie sê, is om die gewer van die gawe te laat weet hoeveel ons dit waardeer. Die skrywer G. B. Stern het eenmaal gesê: “Stille dankbaarheid is niks werd nie en beteken niks nie.” Toe ons seun nog jonk was, was dit soms nodig om hom daaraan te herinner dat dit nie help om ’n…

Die vakman se vaardigheid

Ek het onlangs na ’n dokumentêre program oor die maak van ’n Steinway klavier gekyk. Dit het gewys met watter sorg hierdie besondere instrument gemaak word. Vandat die bome afgesaag word, totdat die klavier in die musiekwinkel verskyn, gaan dit deur tallose verstellings deur die hande van vaardige vakmanne. Wanneer die jarelange proses eindelik voltooi is, word die instrument deur…