Elke jaar, teen die einde van November, reik die president van die VSA ’n offisiële amnestie vir die Nasionale Dankseggingsdag Kalkoen uit. Gedurende een van hierdie lighartige seremonies, het een president opgemerk: “Ons eregas lyk ’n bietjie gespanne. Niemand het hom nog vertel dat amnestie aan hom verleen is nie.” Die arme kalkoen het genoeg rede gehad om gespanne te wees. As hy nie amnestie ontvang het nie, sou hy die Dankseggings Ete gewees het. Ons is almal in ’n soortgelyke situasie wat ons sonde aanbetref. Sonder God se amnestie is ons almal onderweg na ’n sekere dood. Hierdie toestand is die direkte gevolg van ons eie sonde. Die Bybel verklaar duidelik: “Die loon wat die sonde gee, is die dood” (Romeine 6:23). Tog kan ons van hierdie doodsvonnis vrygespreek word, omdat God se Seun ons sondes aan die kruis gedra het. Hy het gesterf dat ons “kan … lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is … [ons] genees” (1 Petrus 2:24). 1 Johannes 1:7 vertel ons dat Jesus se bloed ons van alle sonde reinig. Ons kan God se vergifnis van ons sonde aanvaar en die ewige lewe ontvang as ons Jesus Christus as Here bely en glo dat God Hom uit die dood opgewek het (Rom. 10:9). Dink vandag daaroor na en besluit hoe jy op hierdie aanbod van God gaan reageer. –