Month: Mei 2020

Vrede En Versoening

Toe die Amerikaanse burgeroorlog in 1865 tot ’n einde gekom het, was meer as ’n half miljoen soldate dood, die ekonomie was in chaos en die volk was steeds polities baie verdeeld. Die gewoonte om Moedersdag in die VSA te vier, het begin toe twee vroue probeer het om versoening en vrede in die moeilike tyd te bewerkstellig. In 1870…

Kom Kyk En Sien

“Kan jy my asseblief wys waar die gloeilampies is?” “Seker. Kom saam met my dan wys ek U.” In baie groot kettingwinkels word die werkers beveel om kliënte wat op soek is na een of ander spesiale item, te gaan wys waar dit gebêre word, en nie net mondelingse instruksies te gee nie. Hierdie eenvoudige beleefde daad, wanneer die assistent…

Hulpvaardige Liefde

Aan die einde van my moeder se aardse lewe was sy en my pa nog baie lief vir mekaar en hulle het ’n sterk geloof in Christus gehad. My ma het egter demensie gekry en geleidelik het sy begin vergeet. Sy het selfs die familie vergeet. Nogtans het my pa haar gereeld in die tehuis besoek en haar gehelp om…

Kom Huis toe

Toe die negentien jarige Amelia in die dokter se spreekkamer gesit het, is die bekende Hallelujalied “Saggies en Teer is die Roepstem van Jesus” in die agtergrond gespeel. Sy het met ’n glimlaggie teruggedink aan die pragtige lied en toe onthou dat die woorde ook van die skaduwees van die dood melding maak. Vir ’n oomblik het sy daaraan gedink…

Die Voordeel Van Twyfel

Gedurende 1860 het Thomas Inman geneeshere aanbeveel dat hulle nie medisyne voorskryf as hulle nie seker is dat dit sal werk nie. Hulle moes aan die pasiënt “die voordeel van die twyfel” gee. Hierdie uitdrukking is ook ’n wetlike term en dit beteken as ’n jurie nie eensgesind is nie en verskille van opinie het, moet hulle ’n uitspraak van…

Die Wyse Mier

Elke jaar doen ek iets spesiaal wanneer lente aanbreek. Ek koop miergif. Daardie klein oortreders marsjeer voortdurend ons kombuis binne op soek na ’n krummel of iets anders wat op die vloer lê. Hulle is nie kieskeurig nie. Óf dit nou ’n stukkie artappel, ’n ryskorrel óf slegs ’n stukkie kaas is, hulle geniet dit. Alhoewel miere ’n regte ergenis…

Tyd Om Te Bid?

Een oggend, toe ek nog baie jonk was, het ek in die kombuis gesit en kyk hoe my ma ontbyt voorberei. Onverwags het die vet in die pan, waarin sy besig was om spek gaar te maak, aan die brand geslaan. Vlamme het die lug ingeskiet en my ma het na die spens gehardloop om ’n sak meel te kry…

Twee Woorde

In die geskiedenis van die Amerikaanse advertensiebedryf is een van die mees effektiewe leuses, dié een van die Kaliforniese melkindustrie. Dit het slegs twee woorde bevat: Got Milk? Met daardie slagspreuk het die groep feitlik almal se aandag getrek. Nadat die saak ondersoek is, is vasgestel dat meer as 90% van die mense wat gevra is, van die slagspreuk bewus…

Nooit Alleen Nie

Aangesien ek vir die kollege sokker gespeel het, het ek nog nooit my liefde vir die spel verloor nie. Vir my is dit die Beautiful Game, die wonderlike spel. Ek het altyd graag na die Engelse Eerste Liga wedstryde gekyk. Een rede waarom ek van die spel hou, is dat dit so vinnig is en die spelers soveel behendigheid toon.…

Twee Reëls Waarvolgens Ons Kan Lewe

Het jy al ooit oorweldig gevoel deur allerhande reëls en regulasies? Dink net hoe die arme Jode gevoel het waar hulle meer as 600 wette uit die Ou Testament gehad het, plus nog heelwat ander wat deur die godsdienstige leiers van die volk bygevoeg is. En dink net hoe verbaas hulle moes gewees het toe Jesus al hierdie wette tot…